Het jy al jou Mei Romanzas gaan kry?

 

 

’n Man vol verrassings – Elize Davies

Ses jaar gelede het Mia-Mari ’n duur, pynlike les geleer: agter Wynand se sjarme en sy aantreklike uiterlike skuil ’n agterbakse plannemaker wat nie vertrou kan word nie. Wat hy gedoen het is onvergeeflik. Haar hart is immuun teen seerkry en sy durf nie toelaat dat hy weer deur haar skanse breek nie, maar Wynand het die mag om haar hart ’n tweede keer te vernietig.

 

Liefde vir ’n feëprinses – Didi Potgieter

Inge se nuwe werk as die Jouberts se au pair beteken sy hoef nie meer slapelose nagte oor finansies te hê nie. Sy sal niks doen wat dié standvastigheid kan bedreig nie. Maar aangetrokkenheid tot haar baas, die aantreklike John Joubert, volg nie dié klousule nie en hy is nie by die werkskontrak ingesluit nie.

HET JY GEWEET? Hierdie is die 5de boek in die Parker-reeks!

 

In sy stilte – Felicia Snyman

Sashen en Olivia deel tydelik ’n meenthuis, maar sy bly vir hom ’n raaisel. Hy moet homself elke dag herinner om nie vir haar te staar nie, maar dis nie net haar skoonheid wat hom gevange hou nie. Dit is haar kwesbaarheid wat hom nadertrek.

HET JY GEWEET? In sy stilte volg op In sy arms wat in Januarie 2019 verskyn het.

 

Ek vertrou jou – Ciska Olivier

Yvonne se kêrel verdwyn tussen hoor en sien op Nuwejaar, en sy broer, Kelvin, daag op om sy verdwyning te ondersoek. Die man vryf haar verkeerd op en sy kan nie wag dat hy sy ry kry nie, maar hy is heeltemal te aantreklik wanneer hy die dag besluit om iets anders as ’n suur gesig te trek.

Koop hulle almal HIER

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>