Maart Romanzas nou op die rakke!

(ook beskikbaar as e-boeke)

 

Goue meisie – Mari Roberts

Die eerste persoon wat Melanie op die boot na haar nuwe lewe ontmoet is ’n ongeskikte samaritaan, Thomas. Sy loop hom ook weer op die eiland raak, maar skielik is hy anders. Hierdie nuwe Thomas, spelerig en ontspanne, maak haar verbouereerd. ’n Befoeterde man kan sy eerder hanteer.

 

Elke dag, vir altyd – Dina Botha

Die aktrise, Lea, het drie punte op haar doenlysie: rus, vrede en ’n Afrika-sonbrand. Maar sy het ook ’n metgesel nodig vir haar grootouers se sestigste huweliksherdenking, dus klop sy by Human Coetzee se arbeidsburo aan. Sy vind hom uiters aantreklik, maar hy is duidelik die een man op die planeet wat nie onder haar bekoring val nie.

 

Toskane roep my hart – Malene Breytenbach

In Toskane ontmoet Daniela die kunstenaar Franco Farini, die kleinseun van ʼn oud-krygsgevangene in Suid-Afrika, wat fresco’s teen die mure van haar droomkapel geskilder het. Hy is onweerstaanbaar en gesog, net soos sy voorvader. Is sy bestand teen sy aantrekkingskrag of sal sy soos haar ouma haar hart aan ’n Farini verloor?

 

Voor die donker kom – Salome Schutte

Sewentien jaar gelede is Katrien en haar gesin gedwing om Kleinplaas te verlaat. Nou behoort dit aan die magtige Swart-gesin. Katrien droom daarvan om die plaas weer te sien, asook die befaamde skrywer, Chrisjan Swart wat al vanaf kleintyd by haar spook. Sal sy egter sterk genoeg wees om weer van hom af weg te stap?

 

Slegs R95.00

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>