RomanzaLiefde: Maart e-boeke nou beskikbaar!

Slegs R35.00

Om met jou te dans – Ernalize du Toit

https://lapa.co.za/om-met-jou-te-dans-hougoed-romanzaliefde

Tanya ontmoet die gevaarlik aantreklike Albert terwyl sy op vakansie is en van meet af laat hy haar hart vinniger klop. Maar ’n verhouding met hom is totaal buite die kwessie want hy is haar pa se vyand en familie moet tog sekerlik eerste kom?

Bonuskortverhaal:

Hougoed − Didi Potgieter

Toe Jeanne baie later die vrou met haar volledige stel Royal Albert-koppies, in sneespapier toegedraai, wegstuur en die winkel sluit, voel sy geborge. As sy eendag haar oë toemaak, sal dit sulke oomblikke wees wat sy onthou. En sy sal altyd dankbaar wees vir Frederick Rost en sy insig en liefde, drome wat nie oud word nie, vir Hawaiian-pizza, vliegtuie en vir toeval.

 

’n Tweede kans op liefde – Magda Fourie (debuut)

https://lapa.co.za/tweede-kans-op-liefde-vlakvark-op-haar-troudag

Ben is ʼn onderwyser. Alexa is ʼn ma op ʼn missie. Verwarrende omstandighede gooi hierdie twee saam in ʼn benarde situasie. Kan hulle in die harwar van angs en paniek werklik iets meer in mekaar te siene kry? Is daar ook vir hulle werklik ʼn tweede kans vir liefde?

 

Bonuskortverhaal:

‘n Vlakvark op haar troudag – Elize Davies

Vandag moes Mitzi se troudag gewees het. Sy sou vanoggend in ’n skuimbad geweek en haar vriendinne sou gehelp het om haarself mooi te maak voor sy haar droomtrourok aantrek en in die kerk trou beloof aan die man wat sy liefhet. In plaas daarvan sit sy in die boendoe en ’n vlakvark het vir haar kom kuier.

 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>