Tannie Merica se liefdesbroodjie (RESEP)

by Romanza

Resep vir Lumblija:

Lumbilja

1 kg meel

100 gr suiker in 1/3 kop portwyn of druiwesap

4 pakkies gis

½ kop louwarm melk

1/3 kop olie (canola)

1/3 kop geroosterde en gekapte amandels

1/3 kop sultanas – week in brandewyn of rum

1 tl kaneel

1 tl wonderpeper (allspice)

1 tl gemmer

1 tl koljander

1 tl neutmuskaat

1 tl naeltjies

2 tl sout

½ kop melk

Gerasperde lemoen- en suurlemoenskil.

Metode:

Sif die meel. Voeg die droë bestanddele by.

Meng ½ kop louwarm melk, 4 pakkies gis, 1 opgehoopte eetlepel suiker en ‘n bietjie meel om ‘n dun, loperige mengsel te maak. Laat staan ‘n paar minute om te rys.

Meng die gismengsel by die meel, speserye, portmengsel en olie tot ‘n sagte deeg.

Voeg nou neute en vrugte by.

Meng en knie deeg tot alles goed ingewerk is. As dit nodig is, voeg ‘n bietjie water by.

Maak die deeg warm toe en laat staan om dubbel te rys.

Verdeel die deeg in 4. Knie weer en vorm ronde bolletjies op ‘n gesmeerde bakplaat. Laat rys die bolletjies weer tot dubbel die grootte.

Bak by voorafverhitte oond op 170 grade Celsius vir sowat 25 minute. Haal een uit en klop daarop – dit moet hol klink. Bak langer as dit nodig is, maar hou dit dop om nie te brand nie.

Wanneer gaar, en steeds warm, borsel ‘n bietjie port daaroor en sprinkel met bruin suiker.

 

*In stede van Portwyn gebruik die Kroate Varinik – hulle maak ‘n stroop van druiwesap: Druiwekorrels word gebreek en gepars om sowat een liter sap te verkry. Die sap word dan ure lank stadig gekook totdat dit tot ‘n derde gereduseer is. Die soet stroop kan in ‘n bottel in yskas vir baie lank gebêre en gebruik word – as gevolg van die hoë suikerinhoud word dit nie sleg nie.

'n Broodjie vir die liefde_Rina Cillier (HI RES)

‘n Broodjie vir die liefde deur Rina Cilliers