WIE IS EK? Raai die skrywer!

by Romanza

X skryf sedert 2008 en sy is mal oor liefdesverhale, veral wanneer ’n soenery betrokke is – tot haar drie kinders se groot verleentheid. Manlief gee gelukkig glad nie om nie, inteendeel, hy is selfs bereid om af en toe te help wanneer sy wil vasstel of van haar idees kan werk.

Sy het na skool as laerskoolonderwyser gekwalifiseer en het later jare ’n Honneurs in Engels en ’n MPhil voltooi. Dit was juis met die lees van die klassieke werke van Jane Austen, Elizabeth Gaskell wat sy begin droom het om eendag haar eie stories te skryf.

Wanneer sy nie sexy stories skryf nie, speel sy met haar kleinkinders of sy brei of sy verken een van die baie paadjies langs die see. En saans en naweke sal jy vir haar en haar man voor die televisie kry. Sy verkies ’n lekker sappige liefdesverhaal, maar af en toe sal sy waag om iets anders te kyk wanneer manlief meer aksie soek, maar Murder she wrote se spanningsvlak is egter al wat sy kan hanteer.

Sy is dol oor haar kinders en versot op haar kleinkinders en niks verskaf vir haar groter vreugde as om kos te maak vir hulle vir wie sy lief is nie.

Ook deur X:

Altyd net jy

Tussen jazz en rock

Blameer die skoenlapper

picture