Januarie 2019: Liefde daag dikwels ontydig op!

’n Ontydige soen – René van Zyl

Minette is gefokus op haar loopbaan en die prysgeld wat haar redakteur aanbied vir ’n groot scoop. Mans is nie deel van haar onmiddellike planne nie, dan kyk sy in die mooiste paar blou oë vas!

BONUSKORTVERHAAL:

Op die nippertjie – Jolené de Koningh

Jansie sal maar wag tot die regte man sy verskyning maak voor sy die pad na die kansel waag. Sy het nie verwag dat die ‘regte man’ laat vir haar vriendin se troue sal opdaag nie.

’n Ontydige soen is hier beskikbaar:

Val vir sy hart – Antoinette Venter

Bienkie het die twyfelagtige voorreg om voor Riaan Smit se voete te val. Hy is baie aantreklik, maar hy laat vermetel soos die eufemisme van die eeu voel. Die man is ongeskik, arrogant en verwaand, maar sodra sy hom leer ken sien sy stukkies goud in die man raak.

BONUSKORTVERHAAL:

Valentyn – Penelope Erasmus

Lydia voel flou en kan amper nie ’n woord uitkry nie. Haar hoërskoolliefde was altyd fris gebou, maar sy lyf is nou voller, dié van ’n man.

Val vir sy hart is hier beskikbaar:

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>