Alma Carstens 2Ek is ’n kaalvoet plaaskind van die weskus in Namakwaland. Na vier jaar in Nairobi, Kenia het ons (dis nou ek, my man, Jacques en ons twee kinders Mornay en Emma) in Julie 2009 na Lilongwe, Malawi verhuis. Ek is ’n dromer wat glo aan romantiese liefde en ewigdurende geluk, daarom het ek ‘n passie vir liefdesverhale. Wanneer ek nie skryf of lees nie, kuier ek graag saam met vriende, kyk flieks en studeer vir ’n graad in tale en letterkunde (met spesialisering in kreatiewe skryfkuns) by Unisa. Ek is ook dol oor reis, rooiwyn, ’n kaggelvuur, sagte reën en die see.

Ná vier jaar in Kenia en meer as ses jaar in Malawi, het Alma Carstens en haar man die Afrika-stof tydelik van hul voete afgeskud om ’n nuwe avontuur aan te pak. Hulle woon die afgelope drie jaar in Bangkok, Thailand waar Jacques as regsadviseur vir ’n Britse maatskappy werk. Stories skryf en lees was nog altyd vir haar meer as net ’n stokperdjie, maar deesdae is dit ook ’n noodsaaklikheid wat help met die verlange na hul kinders in die Kaap. Wanneer sy nie skryf nie, kuier sy graag saam met vriende, kyk flieks en speel gholf. Sy is ook dol oor reis, goeie wyn, ’n kaggelvuur en die see.

            

Alma Carstens se boeke:

  • Winterdroom
  • Somersprokie
  • Lenteliefde
  • Verbode liefde
  • Joune vir altyd
  • Ver anderkant Wiesenhof
  • Middernagsoene
  • Tyd sal leer
  • Kaapse draai
  • Luca se obsessie
  • Halwehuisliefde
  • Die aanbod
  • Verlore jare
  • Kringloop van liefde
  • ’n Tuiste vir Mieke
  • Net vriende
  • Celine se nuwe droom
  • ’n Nuwe bruidegom
  • Die aanbod

 

Kommentaar (11)

  1. AntwoordMarile Cloete
    Welkom by ons, Alma! O, om darem naby plekke soos die Masai Mara te kan woon! Wat 'n heerlike veld het jy om stories te skryf wat in Afrika afspeel - ek bly maar glo 'n mens kan net regtig oor 'n plek skryf as jy self daar tyd gespandeer en ervarings gehad het.
  2. AntwoordSusan Brand
    Kan nie wag vir jou volgende boeke nie. Lekker leer hoop jy kry kans om te skryf, want ons lesers wag. Susan
  3. AntwoordAlma Carstens
    Suzi, dankie vir die aanmoediging. Ek gaan hierdie jaar meer tyd probeer maak vir skryf.
  4. Antwoordcheryl shepherd
    ek het twee van jou boeke baie geniet en kyk vorentoe om die ander twee te kry-alle voorspoed met die studies-
  5. AntwoordAlma Carstens
    Dankie Cheryl, jou terugvoering beteken baie vir my.
  6. AntwoordCelesta Kuhn
    Hi Ammie, jong ek hoop jy's al besig aan jou volgende boek, want ek kan gewoontlik nie wag vir jou boek(-e) om die rakke te tref nie. Het al jou boeke gelees en het almal terdeë geniet, want ek leef my omtrent in jou stories in. CK
  7. AntwoordAlma Carstens
    Hallo Celesta, lekker om van jou te hoor! Daar is tans 'n manuskrip by Lapa, sal maar moet sien wanneer dit in 'n boek ontwikkel. Dankie vir jou ondersteuning, dis wonderlik dat ek jou aan die lees kan kry!
  8. AntwoordSouretha
    het drie van jou boeke gelees Net Vriende,Celine se droom en n Nuwe bruidegom.lees dit oor as ek vir wag vir my nuwe boeke lid van lapa. dankie vir die mooi boeke het dit geniet sien uit na nog
  9. AntwoordAlma Carstens
    Ek is baie bly dat jy die stories geniet het, Souretha. Hierdie jaar is 'n stil een, maar volgende jaar sal daar hopenlik weer 'n paar op die rak wees.
  10. AntwoordMadelie Human
    Ah! Uiteindelik is daar 'n nuwe boek van jou. Sien uit daarna, Alma.
  11. AntwoordAlma Carstens
    Dankie, Madelie. Ek hoop jy geniet die astrante heldin en haar onderstebo emosies.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>