Annetjie van Tonder woon op Klerksdorp in Noordwes. Sy ervaar die skryf van romanses as ’n wonderlike terapie vir die verlange na haar kinders wat almal ver woon: twee kinders oorsee en een in Pretoria. In haar knus meenthuis dagdroom sy baie en so ontstaan die meeste van haar verhale. Gelukkig is haar man iemand met sy voete plat op die aarde en behartig hy hul finansiële sake met groot noukeurigheid. Sy kan sodoende kommervry haar aandag aan haar skryfwerk gee. Sy het al ’n paar kortverhale in tydskrifte gepubliseer en skryf verder ook gedigte. Haar vier kleinkinders is haar hart se punt.
Ook deur Annetjie van Tonder:
- Haar hart se tuiskoms
- Wie nie waag nie
- Altyd somer
- Raaiselvrou
- Man in ’n raam
- Tussen twee vure
- Haar ander helfte
- Bruid in brokaat
- Liefdesweb
- Nooit weer alleen
- Nuwe seisoen
Kommentaar (16)