11257236_628183310651630_8018627271523989663_n

Ek is gebore en getoë in die Noord-Kaap langs die Oranjeriver, waar ek nog steeds bly. Van twaalf jaar af verslind ek liefdesverhale, maar ek het nooit gedink dat ek ooit sal skryf nie. Gelukkig het ek eendag probeer en die gogga het my gebyt. Ek werk voltyds en is ’n ma en vrou en my skryftyd is maar min, maar ek kan nie wag dat die huisgesin gaan slaap sodat ek myself verder kan inleef in my karakters se doen en late nie.

Arien Lubbe het haar eerste romanse gelees toe sy twaalf jaar oud was en het daarna nooit weer daarmee opgehou nie. Lag en liefde loop vir haar hand in hand en sy is absoluut verlief op die liefde. Sy het grootgeword langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap en woon steeds daar. Sy is ná vyftien jaar nog gelukkig getroud en heeltemal versot op haar tienerdogter en kleuterseunskind. Sy geniet dit om haar vrye tyd saam met familie en vriende te spandeer en na musiek te luister.

Titels deur Arien Lubbe:

  • Bernadine en die babawagter
  • Maria se keuse
  • Prys van liefde
  • Vir geld of liefde

Kommentaar (63)

  1. AntwoordMadelie Human
    Arien, ons kan nie wag om jou werk onder oë te kry nie.
  2. AntwoordAnnetjie van Tonder
    Sal uitkyk daarvoor, Arien.
  3. AntwoordArien Lubbe
    Baie dankie, ek sal julle daarby hou...
  4. AntwoordRika Du Plessis
    Sal my oë oophou daarvoor!
  5. AntwoordDina Botha
    Baie geluk. Jy kan seker nie wag vir jou eerste "babatjie" nie. Hoop daar is nog sommer baie. Dankie dat jy so baie van my boeke gelees het. Dis lekker om te hoor iemand hou daarvan.
  6. AntwoordLinelle Venter
    Kan nie wag om dit te lees nie!
  7. AntwoordTanya
    Sjoe girl, ek kan nie wag om jou boek te lees nie, sien so uit!
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie Tanya! Ek weet jy sal dit lees.
  8. AntwoordMarieta
    Liefkind, Baie geluk! Ons is eindeloos trots op jou! Kan nie wag om 'n eksemplaar in die hande te hou nie (al het ek dit TWEE keer reeds moes deurlees!) Hoop hierdie is die eerste van vele heerlike boeke en die begin van 'n nuwe pad vir jou vorentoe. Hou jou voetjies vas op Moeder Aarde en jou kop vol stories.
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie moeksie! Baie dankie vir alles en dat ma my boek al 2 keer gelees het en dit 'n 3de keer ook sal lees net omdat dit sonder spelfoute is. Lief jou my antie.
  9. AntwoordMarile Cloete
    Baie, baie geluk, Arien! Daai eerste baba bly altyd spesiaal!
    • AntwoordArien Lubbe
      Baie dankie Marile. Ten minste hoef ons nie hierdie baba se doek om te ruil nie! Dankie vir al jou advies en hulp. Dit maak dinge baie makliker vir ons 'rookies'
  10. AntwoordJolandi Kruger
    Hi Ousus, Ek is so ongelooflik trots op jou!! Het amper 'n traan gepik toe ek jou foto en boek sien, selfs al is dit bietjie my deurmekaar hormone se skuld... Hoop hierdie is die eerste van 'n hele reeks boeke, en ek belowe ek gaan elkeen van hulle lees! Ek spog met almal oor jou, en ek hoop elke boek bring vir jou eindelose vreugde en trots. En onthou, as jou idees opraak, skryf 'n roman oor jou oulike sussie... Lief jou, Ousie!
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie tittie! Jy's die beste sus in die hele wye wêreld! Ek sal 'n boekie opdra aan jul baba - sodra jy my sê of dit pienk of blou is!
  11. AntwoordRika Du Plessis
    Veels geluk, Arien!
    • AntwoordArien Lubbe
      Baie dankie Rika. Dankie ook vir al jou ondersteuning op die blog.
  12. AntwoordMarile Cloete
    Arien, het jy gesien hoe het jy ons blog se gebruik vir gister die hoogtes in laat skiet!?
    • AntwoordArien Lubbe
      Ha-ha! Ek het julle gesê ek gaan vir almal vertel. Ek is bly dat dit die blog 'n bietjie bloot gestel het. Ek weet van ten minste een persoon wat by die ander lesers ook ingeloer het. Sy het vir my gesê dit was heerlik om die skrywers se kommentaar te lees, want sy is gaande oor hulle taalgebruik.
  13. AntwoordLIZELDA
    Wow!!!!, daar is 'n knop in my keel!Dis ongelooflik! Ek weet nie eers wat om te sê nie, behalwe dat jy nou loshande DIE coolste vriendin is wat ek het. Baie baie geluk, WOW!
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie vriendin. Ook vir al jou ondersteuning en inspirasie. Jy is die beste vriendin waarvoor 'n mens kan vra. En jy het nie eers nodig om 'n boek te skryf dat ek dit kan sê nie.
  14. AntwoordLisbé Smith
    Hi jy! Baie trots op jou! Sal graag die boek wil lees, is nogal effens verslaaf aan "omkrul-tone-van-lekkerkry" boeke!
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie Lizbè. Jy is verseker op die regte plek as jy lekker boeke soek om te lees! Hier is skrywers om van te kies en te keur. Ek sal sorg dat jy een van my boeke kry.
  15. AntwoordRykie Roux
    Geluk, Arien! Dit is ’n wonderlike voorblad. Net jammer April is nog so ver, want om daardie stapeltjie van ses in jou hande te hou is ongelooflik, jy sal sien. Julle moet, moet, moet daardie aand gaan uiteet en sjampanje drink!
    • AntwoordArien Lubbe
      Ek glo jou. Kan jy jou voorstel hoe ek te kere sal gaan wanneer ek daardie pakkie ontvang?! Ek gaan dit verseker vier, maar nie met 'n uiteet nie. Ek sal 'n straatbraai moet hou om almal te kan huisves.
  16. AntwoordTannie Susan
    Geluk jou ou doring! Die ou tante het nie geweet jy kan toor met woorde nie. Ons sien uit na April maand. Liefdetjies!
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie tannie. Nou wag ek net vir tannie se boek... Ek is nie so seker oor toor met woorde nie, maar tannie weet mos dat ek ure lank aan 'n storie kan vertel. Ek hoop om tannie gou weer te sien.
  17. AntwoordMarietjie Welgens
    Baie geluk Arien Daardie gevoel wat jy nou ondervind kom nie baie in jou lewe voor nie. Dit is ‘n ambisie wat jy verwesenlik het … jy, en die genade van God. Jou latere boeke is steeds lekker, maar die eerste is die beste.
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie Marietjie. Jou woorde beteken vir my baie. Ek kan nogals dink dat daar nie nog een soos jou eerste sal wees nie. Ek sal tevrede wees om 'n 'one-book-wonder' te word.
  18. AntwoordTannie Alta
    Ek is so bly dat jy besig is om 'n droom te verwesenlik. Mag hierdie een die begin van vele wees. Lovies.
    • AntwoordArien Lubbe
      Baie dankie tannie Alta. Kan nie wag om julle Maart te sien nie.
  19. AntwoordMarlize
    Sjoe Skoonsus! Lekker om met jou familie te kan spog! Ons is so trots op jou. Kan dit nie glo! Sien erg uit om jou boek te lees! Wens jy was hier dat ons darm n koffetjie op jou kon drink!
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie Mara. Ek verlang julle netso. Hoekom julle nou ook jul heil moes vind in Sodom en Gomora, sal net julle weet! Ons beplan darem om Junie na ons nuwe nefie te kom kyk! Dan sal ek bietjie pop speel en jy kan 'n volle nagrus inkry. (Dan kan jy ook seker 'n slag ietsie anders as koffie drink)
  20. AntwoordMari Roberts
    Wel, dit is vir my 'n voorreg om darem net te kan sê: You go girl! Ek kan nie wag om die boek te lees nie en dan gaan ek jou kontak!
    • AntwoordArien Lubbe
      Baie dankie. Ek wag in spanning om van jou te hoor.
  21. AntwoordMagdaleen Walters
    Arien, ek deel jou opgewondenheid. Die heel lekkerste van alles is, dat mens met elke nuwe boek van voor af so voel. Dit bly altyd 'n nuutjie.
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie Magdaleen. Ek is bly die opwinding is elke keer daar, maar is dit nou nodig dat die spanning ook elke keer teenwoordig moet wees.
  22. Antwoordtannie elsabé
    Meisiekind, Ek het nooit beplan om vanoggend voor die rekenaar te sit en huil nie. My hart wil oopbars van trots. Toe Frans se eerste storie verskyn het, het ek gedink my hart spring by my keel uit. Nou doen jy dieselfde aan my. Baie geluk! Ons is verskriklik trots op jou en glo ons kan uit ons harte sing: "Kinders by dosyne". Ons Hemelse Vader het darem maar net 'n awesome manier om te kompenseer, nie waar nie? Sien jul DV oor 'n paar dae
    • AntwoordArien Lubbe
      Sjoe, nou het tannie my ook in trane en vol hoendervleis. Baie dankie vir my mooi boodskap tannie. Liefde en ek sien uit daarna om julle weer te sien.
  23. AntwoordAnnemarie
    Hi Nig, nou toe nou, ek het 'n talentvolle familie. Dis lekker om op iemand te kan roem en te kan sê - ek ken haar tog! Ek is rerig erig trots op jou.
    • AntwoordArien Lubbe
      Dankie Annemarie. Ek is trots daarop om jou familie te noem. Dankie dat julle my so ondersteun.
  24. AntwoordKarin-Mare
    Baie geluk, jou droom is bewaarheid!!!!! Baie trots op jou en kan nie wag om dit te lees.
    • AntwoordArien Lubbe
      Baie dankie Karin. Jy kan dit lees in die hospitaal so tussen voedingstye deur!
  25. AntwoordMarscha Britz
    Sjoe, vriendin! Geen wonder ek moet elke oggend vir jou en kleinsus wag nie...Ek sou ook laat slaap as ek sulke lekker drome droom! Baie geluk met die boek. Weet dit gaan nog groot gaan! Kan nie wag om dit te lees nie! Liefde
    • AntwoordArien Lubbe
      Ek het jou darem al persoonlik bedank, maar weereens dankie. Onthou wat ek gesê het van 'n komende boek se karakters. Hopelik sal dominee se hart dit hou. Sterkte met al daardie graad 1 rillertjies vir wie ons so lief is. Jy's 'n fantastiese juffrou en nog 'n beter vriendin. Liefde
  26. AntwoordCindy Robertson
    Hi Arien Baie, baie geluk. Daar is niks wat daarmee kan vergelyk om al jou al ure se harde werk in gedrukte vorm te sien nie, en vir die meeste van ons is dit die toppunt van jare se droom en sweet. Ek kyk uit vir jou boek - as ek sien hoeveel van jou vriende en familie erg opgewonde is, WEET ek dat dit goed gaan wees!
    • AntwoordArien Lubbe
      Vreeslik dankie Cindy. Dis baie lekker om sulke boodskappies te kry. Ek hoop nie my boek stel teleur nie. Ek het die hele vlak in kennis gestel. My familie en vriende is 'n ongelooflike steunpilaar en baie ondersteunend.
  27. AntwoordJohanna
    Ek skryf vir jou 'n kuber-komment om my gelukwense aan te stuur Die herfs word nou jou debuut-moment Die koue afgeweer deur jou skrywersvuur Inspirasie was dalk vermeng met perspirasie gedagtevloei doodseker of weifelend Spelling, sinsbou, punktuasie.... Tussen al die popcorn .... is jy die smartie! Johanna
    • AntwoordArien Lubbe
      My liefste tante. Ek het dalk 'n boek agter my naam, maar ek is ligjare agter tannie en al tannie se taalkundige kennis. Baie dankie vir my uitsonderlike en pragtige boodskap. Ook vir al die ondersteuning en jare se liefde wat jul so mildelik uitdeel. Liefde
  28. AntwoordNaomi Eloff
    Baie geluk, Arien. Hoop dat daar nog baie boeke gaan wees. Jy moet 'n 'scrapbook' album maak van al die kommentaar oor jou eerste boek, dis iets wat jy altyd wil onthou, veral vir daardie dae wat kom wanneer jy nie weet hoe of waar nou nie ... dan blaai jy deur diè album!
    • AntwoordArien Lubbe
      Baie dankie Naomi. Ek dink ek gaan sommer 'n muur in my huis aan myself toeken en my boek raam met al die kommentaar rondom. Toemaar, ek is darem nie ernstig nie. Baie dankie vir die idee. Ek gaan dit verseker doen.
  29. AntwoordDina Botha
    Hi, Dankie vir die goeie woordjie oor 'n Man op Sig. En baie geluk met joune. Dis een wat ek beslis gaan aankoop en lees. Dina
  30. AntwoordArien Lubbe
    Dankie Dina. Dit sal vir my werklik 'n eer wees dat jy my boek gaan lees.
  31. Antwoordanngert
    Arien, baie geluk. Ek het die boek gelees en vir jou 'n kort hamburgertjie geksryf daar waar jy vir 'n hamburger gevra het op die Skrywersblog.
  32. AntwoordAnzel Gerber
    Hi, Arien! Baie geluk! Ek het sopas jou boek klaar gelees, en ek moet sê, ek is impressed. Al was daar fokaliseringsfoute in... :-) Ek terg sommer. So leer n mens. Ek dink steeds dis n briljante storie en kan nie wag vir jou volgende een nie. Veral die gevoel waarmee jy skryf is impressive. Jy het Anza se gevoelens en gedagtes baie goed beskryf... dit het amper werklik gevoel. Ek het n paar keer kliphard gelag. En dit wil gedoen wees. Weereens baie geluk!
  33. AntwoordMiemie York
    Hi Arien, Ek het jou ontmoet by die boekbekendstelling van Exclusive Books en LAPA Uitgewers in Bloemfontein. Ek het toe uiteindelik twee weke gelede die voltooide manuskrip in gestuur na LAPA Uitgewers en het gister ontvangs erkenning ontvang. Ek het so begin twyfel of ek dit moet in handig vir evaluering, dat my man en my dogter gedreig het dat hulle dit sou instuur! Ek het reeds met my volgende manuskrip begin en reeds twee hoofstukke voltooi. Ongelukkig kom ons kleinkinders nou kuier en my man het my laat belowe dat ek eers weer in Januarie sal voortgaan. Ek weet nie hoe ek dit gaan regkry nie, sal maar in die nag skryf as almal slaap. Hou asseblief vir my duim vas! Miemie York, Brandfort
    • AntwoordArien Lubbe
      Hallo Miemie, ek onthou jou baie goed. Ek is baie bly om te hoor jy het nie weer daardie manuskrip in 'n laai gaan bêre nie. Ek sal vir jou styf duimvas hou. Nou vir die wag vir 'n antwoord. Dis senutergend, maar Lapa antwoord altyd so vinnig moontlik. Dit neem gewoonlik 3 - 4 maande vir hulle om 'n manuskrip te evalueer. Ek skryf ook maar in die aande. Dis al wanneer dit stil is in my huis. Jy moet die Kerstyd en jou kleinkinders vreeslik geniet. Ek hou styf duimvas vir jou en ek hoop jy hou my op hoogte. Baie dankie vir jou briefie, baie sterkte met die skryfwerk (dit bly maar net lekker) en 'n baie geseënde tyd vir jou en jou familie.
      • AntwoordMiemie York
        Hallo Arien, baie dankie vir die goeie wense vir my skrywery en ek kan nie wag om terug voering te kry nie! Al moet ek die hele manuskrip herskryf, sal ek dit weer doen. 'n Geseende Kersfees ook vir jou en jou gesin.
  34. AntwoordMiemie York
    Baie dankie Arien, ek vertrou dat alles goed sal gaan met die manuskrip. Geseende Kersfees en baie Nuwe Jaar ook aan jou en jou gesin. Groete, Miemie
    • AntwoordArien Lubbe
      Hallo Miemie. Al enige nuus oor jou manuskrip?
  35. Antwoordcecilianortje123
    Hi Arien Ek het die naweek jou boek Prys van Liefde gelees en dit baie geniet. Jou kommentaar op die blog het myal laat vermoed dat jy ‘n uitstekende humorsin het, en jou boek het dit bevestig. Ek het regtig ‘n paar keer hardop gelag terwyl ek jou boek lees, en glo my, dit gebeur bitter selde. Mag daar nog baie boeke vir jou wees, ek is beslis ‘n nuwe fan!
    • AntwoordArien Lubbe
      Bitter baie dankie Cecilia. Dit beteken vir my vreeslik baie, siende dat jy sulke lekker stories skryf.
  36. AntwoordLize
    Hi Arien jou boek Vir geld of liefde was so goed gewees dankie hou daarvan dat jy die storie so mooi afgesluit het geen los storie lyne nie skryf nog asseblief x
    • AntwoordArien Lubbe
      Hi Lize, baie dankie. Ek het so 'n bietjie verlengde kraamverlof geneem vir 2 jaar, maar het darem nou weer begin skryf. Ek hoop my ander stories is vir jou net so lekker soos my eerste een. <3

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>