Omdat Bets Smith die wonderwêreld van boeke vroeg-vroeg ontdek het deur slaaptydsprokies en gedigte, wil sy in haar stories dieselfde tipe omgewing skep. Sy glo die liefde is vir almal, so belangrik soos suurstof, daarom speel liefde die hoofrol in haar boeke. Die skryfproses stel haar in staat om karakters en gebeure na hartelus te manipuleer en só geloofwaardige sprokies vir grootmense te skep.
Sy is voltyds onderwyser wat in die boendoe van Mpumalanga se Laeveld bly. Die inspirerende omgewing hou haar aan die skryf, al is haar tyd weens skoolhouverpligtinge beperk. Tydens die Vrouelandbou-unie se Mpumalanga-kongres 2015 (Hazyview) is sy aangewys as hul Skrywer van die Jaar vir 2016. In 2005 was sy ’n finalis vir die ATKV se Woordveertjies.
Gaan loer gerus op Bets se blog as jy ‘n kansie kry: http://betssmithromanseskrywer.wordpress.com/
Ook deur Bets Smith:
- Man van weerga
- Ballerina en die lummel
- Kringloop
- Seldsame man
- Marlet se droomman
- Engel sonder vlerke
- Katinka se grotman
- ’n Ma vir Frieke
- Die soen
- Die lyfwag
- Die vrouehater
- Onder ’n sterrehemel
- Goue Dagbreek
- Bloedspoor
- Skrikkelmaan
Kommentaar (33)