dina-botha

Dina Botha glo liefde is soos om ’n klippie in ’n poel water te gooi. Die rimpeleffek kan nie anders as om ander mense se lewens te raak nie. Daarom skryf sy al vir elf jaar liefdesverhale. Sy is in Pretoria gebore en woon in Centurion. Sy het vier kinders waarvan twee nog skoolgaande is. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekende romanskrywers se boeke verslind met die hoop om self eendag ’n skrywer te word. Ná skool het sy egter haar droom om joernalis te word gebêre en ’n IT-kwalifikasie behaal. Twintig jaar later het haar passie vir skryf weer opgevlam en sy het dié keer die moed gehad om haar droom met mag en mening na te jaag.

In 2013 wen Dina die ATKV-Woordveertjiesprys vir Romanses met haar Romanza, Boks vol soentjies.

Deur Dina Botha:

Romanza:

  • ’n Storieboekromanse
  • Alles begin met ’n soen
  • Bêre my soen
  • Alles is perfek
  • Ou liefde roes nie
  • Liefde op ’n skinkbord
  • Vind mekaar

Romanza-omnibus

  • Onvergeetlike oomblikke

SuperRomanzas

  • Jy is onvervangbaar
  • Robyn se ongetemde man
  • Ontwakende passie
  • Ontembare bruid
  • Angelique en die boekanier
  • Suikersoetsonde
  • Stem in die wind

 

 

 

 

 

Kommentaar (88)

  1. AntwoordMarile Cloete
    Dina, ek was mal oor ONWEERSTAANBARE KOK!
    • AntwoordDina Botha
      Dankie Marile. Onweerstaanbare Kok was my tweede boek en om een of ander wonderlike rede het die verhaal ongelooflik maklik geskryf.
    • Antwoorddaphne murray
      dina ek is sestien jaar oud en het pas van jou boeke begin lees en ek moet se dat resep vir liefde en die nuwe vennoot het my platgeslaan en nou lees my hele vriendinne jou boeke ek is mal oor al jou boeke en my naam is daphne murray
      • AntwoordDina Botha
        Baie dankie Daphne. Ek is bly jy en jou vriendinne geniet my boeke. Ek het n group op FB waar ek soms ook proestukkies plaas. Daar sal jy ook n lysie van my ander boeke vind indien jy sou belangstel. Lekker lees! Groete Dina.
        • Antwoorddaphne murray
          hi dina dis weer ek daphne ek het van die ouderdom vyf af n passie gehad vir skryf maar het nooit so ver gekom om iets regs te skryf nie en aangesien ek al tien van jou boeke gelees het het ek besluit om te probeer jy het my regtig geinspireer ek is by hoofstuk twee dis n heigroman en ek wil graag weet waar en hoe jy jou inspirasie kry as jy vir my n paar tips kan gee sal ek dit regtig waardeur dankie
          • Dina Botha
            Hi. Om te skryf is nie heeltemal so maklik as wat dit lyk nie. Maar as ek raad kan gee: Kyk of jy 'n skryfkursus kan bywoon. Daar leer jy gewoonlik al die moets en die moenies en dit spaar jou baie tyd as jy reeds weet wat die aanvaarbare norm is. En lees baie. Dis waar ek ook my passie vir skryf ontdek het. Leer uit ander mense se werk, want dis n beproefde resep. As dit werklik jou passie is moet jy dit nie sommer opgee nie. Probeer en probeer tot jy suksesvol is. Sterkte, Daphney.
          • daphne murray
            hi dina baie dankie vir jou goeie raad oor die kryf lesse ek het so pas n week gelede my eerste boek klaar geskryf ek wag nog vir die uitgewers
          • Dina Botha
            Hi, Daphne. Ek's trots op jou. Laat gerus weet hoe dit gegaan het. En onthou, aanhouer wen.
          • daphne murray
            dankie
  2. AntwoordMarile Cloete
    ANDREA SE TROUDAG is regtig 'n lekkerlees romanse.
  3. AntwoordNaomi Eloff
    Ek het ADAM OP BESTELLING baie geniet!
    • AntwoordDina Botha
      Hi Naomi en Dankie. Dit was lekker om 'n bietjie van my kennis in die I.T. Bedryf toe te pas.
  4. AntwoordAnnetjie van Tonder
    ONWEERSTAANBARE KOK was vir my pret om te lees. So lig en tog menslik.
  5. AntwoordMadelie Human
    Ek het DIE ARROGANTE YANK vreeslik geniet. Smeulend en vinnig-vloeiend – die regte resep vir 'n heerlike romanse. Jy moet seblief nooit weer terugkeer na jou 'dayjob' toe nie, Dina
  6. AntwoordArien Lubbe
    My gunstelinge was: ONTWAKENDE PASSIE ONTEMBARE BRUID VIR EWIG EN ALTYD SY ROOIKOPBAAS ONWEERSTAANBARE KOK NOMMERPASMAN MOOISTE MAN LIEFDESKRALE LIEFSTE WILLEMIENTJIE DIE ARROGANTE YANK DUIWEL IN 'N SNYERSPAK ANDREA SE TROUDAG ADAM OP BESTELLING Ek is veral erg oor Ontwakende Passie en Ontembare Bruid. Dis vir my lekker om weggevoer te word na 'n era waar vrouens nog 'opgedress' het vir elke dag. Nie dat ek dit wil doen nie, dankie! Vir my is dit 'n 'feetjie' gevoel.
  7. AntwoordRika Du Plessis
    Die Arrogante Yank was 'n gunsteling!
  8. Antwoordmagdaleenwalters
    Dina, dit lyk my ek het darem ook reggekry om op Blog te klim. Het jou al amper gebel om weer te kom kuier om te kom help!
  9. AntwoordMarile Cloete
    Dina, Nommerpasman het my baie plesier gegee!
  10. AntwoordMarile Cloete
    Dina, ek het vandag vir LIEFSTE WILLEMIENTJIE in die bib in die hande gekry - kan nie wag nie!
    • AntwoordMarile Cloete
      Ek het vir Willemientjie baie geniet. Jy het haar karakter goed geteken - die onbaatsugtige familiehoof aan die een kant, die sensuele vrou aan die ander kant. Die bykomende karakters was nodig om die plattelandse atmosfeer te skep en het nie gepla nie.
  11. AntwoordNaomi Eloff
    Ek het 'Mooiste Man' sopas gelees, het dit baie geniet!
  12. AntwoordRika Du Plessis
    Dina, ek het jou Duiwel in ‘n snyerspak in die hande gekry en dit die naweek gelees. Ek het daarvan gehou, soveel dat my man my later skeef aangekyk het terwyl ek lees en hy rugby kyk, want hy is nie gewoond ek sit sommer en lees bedags nie!
  13. AntwoordSusan Olivier
    Ek is een van jou grootste "fans". Jy skryf oulike boeke en jou titels is ongelooflik oorspronklik. Ek is bly jy het besluit om dit voltyds te doen, want goeie skrywers soos jy moet die boeke uitryg. Ek kan nie eers een uitsonder nie, al jou boeke is 'n lekker leeservaring.
  14. Antwoordinlia
    Hallo, Ek is lid van Lapa Boekklub en het Mooiste man ongelooflik baie geniet. Kan nie wag vir die nuwe boekie nie. Baie dankie!
  15. AntwoordDina Botha
    Hi Inlia Ek is bly jy het dit geniet. My nuutste boek is 'n Man op Sig. Lees gerus die proeseltjie. Dankie dat jy kontak gemaak het en laat my gerus weet wat jy van my ander werk dink. Groete Dina
  16. AntwoordArien Lubbe
    Hallo Dina. Ek het vandag 'Man op Sig' klaar gelees. Ek het dit vreeslik geniet, maar dit het my nie verbaas nie. Jou boeke het my nog nooit teleurgestel nie.
    • AntwoordMitzi kluge
      Hi Dina ek het gister jou boek 'n Man op sig wat deel was van 'n 3 in 1 boek, gekoop en gelees en dit was so lekker, maar van bland sy 161 - 176 was nie ingebind in die boek nie dit is geweldig frustrerend want ek kan nou nie die laaste gedeelte klaar lees nie en dit is so 'n oulike boek.
  17. AntwoordAnzel Gerber
    Dina, ek moet sê, ek vrek oor jou boeke. Ek het jou nuutste boek, Man op Sig, vreeslik geniet. Ek weet nou al, as ek n boek koop wat deur jou geskryf is, sal ek nie teleurgestel word nie. As ek n bietjie kritiek kan gee op hierdie een, dis nie n groot een nie, hoor, sal ek net sê ek het op een stadium perspektief breuk opgetel, waar jy in Markus se kop ingeklim het. Ek probeer nou onthou waar... Ek sal bietjie kyk by die huis en jou die bladsy nommer gee. Verder, is dit uitstekend geskryf. Baie geluk! :-)
  18. Antwoordanngert
    Dina, ek het so pas 'Man op sig' gelees en kon dit nie neersit nie. Jy het 'n wonderlike talent. Die tema van 'n huwelik ter wille van 'n testament het jy heerlik vars benader, die huwelik word eers aan die einde voltrek, na hul mekaar liefgekry het. Ek hou ook van die kort hoofstukke wat die verhaal vinnig laat beweeg.
  19. AntwoordMari Roberts
    Ek moet myself by die ander voeg. Man op sig was heerlik om te lees. My leeswerk is ongelooflik agter, maar hierdie paasnaweek het ek 'n punt gemaak en 'n paar boeke gelees. Na Man op sig kon ek nie lekker op die ander konsentreer nie. Dankie vir 'n heerlike leesgenot.
  20. AntwoordBarbara
    Hello Dina, ek het al 'n paar van jou boeke gelees maar het nog nie almal nie, en daar is 'n paar waarna ek soek, maar ek kan hul nie in die hande kry nie. Kan jy dalk help met 'n adres waar ek kan gaan soek asb? Ek was mal oor 'n Man op sig, Duiwel in 'n snyerspak en Mooiste man. Ek geniet jou boeke baie.
  21. AntwoordDina Botha
    Hi Barbara. Dis gaaf of van jou te hoor en dankie. Ek's bly jy geniet my boeke. Jy se jy kry nie van my ander boeke in die hande nie en ek neem aan jy het by LAPA probeer? Biblioteke hou 'n hele paar van hulle aan. En ek dink as jy my naam Google sal jy van my goed by plekke soos Kalahari.net en ander elektroniese boekwinkels kry. Laat my gerus weet of jy reggekom het. Anders maak ons 'n ander plan. Groete Dina
  22. AntwoordDina Botha
    Anzel, Anngert, Mari Ek vra om verskoning omdat ek nou eers by julle uitkom, maar die gerief van 'n landlyn internet is besig om te vervaag. Telkom lyne in ons area is gesteel en ek gebruik 'n mobile onbetroubare gadget om op die internet te kom. Dankie vir julle komplimente en ek is baie bly julle het 'n Man op Sig geniet. Ek hoop ek ontmoet julle almal binnekort by Koek en Boek. Groete Dina
  23. AntwoordIda Gräbe
    Dina, ek wil by die koor aansluit met komplimente oor 'n Man op sig. Ek hoor jy kom by my tuisgaan en sal graag dan persoonlik verder oor die romanse gesels. Ek kan nie wag om jou te verwelkom en persoonlik te leer ken nie. Net jammer jy bly so kort.
  24. AntwoordNaomi Eloff
    Hi daar, Dina. Dis lekker om van jou te hoor! Nee, my boek is nog nie gepubliseer nie, ek het 'n moeilike jaar agter die rug en het baie min tyd gehad om aan my manuskrip te werk. Eers het ek 'n groot ooroperasie gehad waar die dokter 'n vergroeisel in my middeloor moes verwyder het, daarna is my man met 'n kroniese siekte gediagnoseer en laastens is my skoonpa oorlede!! Dit was nie 'n goeie jaar vir ons nie maar ek glo en vertrou dat volgende jaar puik gaan wees. Ek hoop dit gaan goed daar by julle. Ons het so lekker gesels by die retreat, ek wil nog eendag vir jou kom kuier. Sterkte daar en lekker skryf!!!
  25. Antwoordcecilianortje123
    Dina Ek het die vakansie jou boek Duiwel in ‘n snyerspak gelees. Wat ‘n fantastiese stukkie werk! Jy het dit reggekry om seksuele spanning van bladsy 1 tot die einde te skep en te behou. Ek het omtrent met ingehoue asem gelees. Jou karakters is wonderlik -‘n cool heldin en sterk held. En alles in die boek was geloofwaardig en gemotiveerd. Wraggies vrou, jy kan skryf! Van nou af soek ek jou boeke uit in die winkel.
  26. AntwoordAnnatjie Warricker
    HI Dina Ek is op soek na van jou ouer boeke - jy weet nie dalk waar ek kopiee daarvan in die hande kan kry nie
    • AntwoordDina Botha
      Hi Annatjie. Wat ek van Lapa verneem het is die meeste van my ou goed uitverkoop.Ek het Desember die boekwinkels platgeloop op soek na my eie boeke om vir iemand in Namibie te stuur. Ek kon net 3 titels opspoor. Eerste Liefde(Duet wat in Desember 2010 verskyn het) bevat my eerste twee verhale en Lapa het pas laat weet dat hulle Duiwel in 'n Snyerspak herdruk. Ek stel voor dat jy by Kalahari en en online boekwinkels soek. Groete en Lekker lees. Dina
      • AntwoordAnnatjie Warricker
        HI Dina Ek het al die online winkels deurgesoek maar die wat ek soek is nie daar nie. Dalk sal die ander titels ook binnekort in omnibus vorm verskyn? Dankie vir die terugvoer.
  27. AntwoordMonica Smit
    Dina - ek het elke boek van jou en het elkeen baie geniet. Ek kan eenvoudig nie jou boeke neersit as ek eers begin lees het nie. So my oe is baie oggende dik en rooi omdat ek tot laatnag lees wanneer almal in die huis slaap en niemand my kan pla nie! Ek is gedurig op lapa se web om seker te maak of daar nie 'n nuwe boek verskyn het nie. Ek sien uit na Griekse vuur! Groete Monica
    • AntwoordDina Botha
      Hi Monica Dis altyd lekker om te hoor iemand geniet jou werk. Dis tog hoekom ons skryf, om ander te plesier. Jy is welkom om kommentaar op enige van my boeke te lewer. Lekker lees en laat my gerus weet wat jy van Griekse Vuur dink. Groete Dina.
  28. AntwoordRezanne
    Halo Dina. Ek is op soek na 'n kopiee van jou boek, Mooiste man. Ek het dit baie geniet en dit is net 'n "MUST HAVE!" Weet jy dalk waar ek een kan kry? Baie dankie.
    • AntwoordDina Botha
      Hi Rezanne. Ek is bly jy het Mooiste Man geniet. Ongelukkig weet ek nie waar jy een kan kry nie. Verlede Desember het ek die boekwinkels platgeloop op soek na my eie boeke om vir iemand in Namibie te stuur. Kon bittermin titels opspoor. Miskien is ek so gelukkig dat Lapa dit iewers in die toekoms herdruk. Jammer en Lekker lees! Dina
  29. AntwoordRonelle
    Hi Dina Ek het Die perfekte kandidaat baie geniet. Gou was ek meegevoer deur Roelien se storie! Baie dankie!
  30. AntwoordDina Botha
    Hi Ronelle Dis altyd lekker om terugvoer op 'n ou se werk te kry. Ek is bly jy het dit geniet. Groete en dankie Dina
  31. AntwoordMariette
    Is dit moontlik dat al jou boeke as eboeke kan verskyn?
  32. AntwoordDina Botha
    Hi Mariette. Ek sal by die uitgewer moet hoor. Ek is nie seker wat die kriteria is nie. Sodra ek weet laat ek weer van my hoor. Lekker lees. Groete. Dina
    • AntwoordMariette
      Dankie Dina. Vir ons wat in ander lande bly is dit onmoontlik om enige boeke per pos te bestel vanweë die hoë postariewe. Op die 'ebooks'- manier raak boeke nooit regtig uit druk nie en kan 'n mens dit enige tyd in die hande kry. Hou aan skryf, ons geniet jou boeke baie!
  33. Antwoordcharlenehougaard
    Hallo Mariette LAPA is besig om van die reeds gepubliseerde Romanzas as e-boeke op kalahari.com beskikbaar te stel. Daar is reeds 'n klompie op. Ons gaan voortaan soos wat die gedrukte boeke verskyn ook die e-boeke beskikbaar stel. Ons e-boeke is nog nie op ons eie webblad beskikbaar nie - ons is besig om die nodige tegnologie daarvoor te kry, maar kalahari.com het al ons publikasies wat al in e-boek formaat omgeskakel is. Groete, Charlene Hougaard, LAPA Uitgewers
  34. AntwoordMariette
    Dankie Charlene. Ek het reeds al Dina se boeke gelees op Kalahari.com en ek dink daar is so iets soos 10 van haar boeke as eboeke. Sy het baie meer as dit al geskryf wat my laat wens ek was naby 'n biblioteek. Ek is baie bly dat meer van haar boeke as eboeke gaan gaan verskyn en baie dankie vir jou terugvoer!
  35. AntwoordCorlia Grove
    Hallo Dina Ek dink al jou boeke is fantasties geskryf. Ek het die meeste gehou van onweerstaanbare kok ek kon dit nie vir n oomlik uitgelos nie.
  36. AntwoordDina Botha
    Baie dankie, Corlia. Ek skryf net om my lesers te plesier. Onweerstaanbare Kok was my tweede manuskrip en ook een van my gunsteling stories. Laat gerus weet wat jy van my ander werk dink, of post iets op my Face Book. Lekker lees!
  37. AntwoordAnnamarie Botes
    Hallo Dina, jou boeke is fantasties. Kan ek dalk `n lys kry van alles wat jy al geskryf het. My email is wcbotes@lantic.net. Duisend dankies Annamarie Botes
  38. AntwoordAnnamarie Botes
    Baie dankie vir jou moeite. Dit is vir my moeilik om `n enkele boek uit te sonder, maar as ek moet sal dit beslis Bestemde Minnaar wees
  39. AntwoordMonica Smit
    Hallo Dina Sjoe! 'n Man op sig was uitstekend!!! Ek het vanoggend weer die laaste hoofstuk gelees. Hierdie is beslis een van jou beste boek ooit vir my gewees. Groete Monica Smit
    • AntwoordDina Botha
      Hi Monica Jammer, ek sien nou eers jou comment. Ek's bly jy het dit geniet. Die storie van 'n Man op Sig was my heel eerste poging om te skryf. Uiteraard was dit nie baie suksesvol nie. Maar 16 boeke later het ek besluit om Magriet en Markus se storie oor te skryf. Toe doen ek dit reg en dit word gepubliseer. Dus le die storie my na aan die hart. Lekker lees!
  40. Antwoordilze
    Ek geniet jou boeke baie! Veral die outydse Kaapse stories. Ek is op soek na "ontwakende passie" maar kan dit nerens kry nie. Kan jy my dalk help daarmee? Ek verstaan dis uit druk uit. Dalk 'n boekwinkel voorstel of iets Groete Ilze
  41. AntwoordDina Botha
    Ek's bly jy geniet my boeke. Ontwakende Passie is uit druk, maar wel as 'n e-boek beskikbaar. Probeer kalahari.com, Lapa, Leserskring of Little White Bakkie. Ongelukkig is dit die beste wat ek vir jou kan doen. Op Facebook het ek n hele lys van ander e-boeke wat iewers beskikbaar is. Gaan kyk gerus. Lekker lees!
  42. AntwoordEmerentia
    Het Tamaletjieliefde gelees, is totaal en al versot op die boek. Is daar nog stories met soortvan dieselfde storielyn?
    • AntwoordDina Botha
      Hi Emerentia. Ek's bly jy het dit geniet. Elke storie het maar sy unieke storielyn en n skrywer probeer juis om nie twee keer dieselfde tipe goed te produseer nie. Maar as ek moet voorstel. n Man op sig en Adam op Bestelling val amper in die selfde groepie van romantiese komedie. Kyk gerus of jy dit iewers in die hande kan kry. Lekker lees en dankie vir jou kommentaar.
  43. AntwoordZee
    Hi Dina. Ek het sopas my 10de e-boek "Boks vol soentjies" van jou in 4 weke gelees. Ek het vir jare baie min gelees maar nou met die tegnologie van ipads en e-boeke het die gier my beslis weer gepak. Ek gaan soek boeke om te lees maar as ek my weer kry is ek terug op soek na jou boeke. Waar kan ek 'n lysie kry van al jou boeke? Baie dankie vir ure se genot!!
  44. AntwoordDina Botha
    Hi. Jammer ek het so lank gevat om te antwoord, maar moes eers n bietjie gaan rondkrap. Hier is n lysie van alles wat as e-boeke beskikbaar is. Ek is bly jy het geniet my werk. Laat gerus weet waarvan jy gehou het en nie. Ek het ook n group op FB. Ek plaas ook gereeld proestukkies op my page. Groete. Dina Vrypostige Aussie Net een soen Adam op bestelling Mooiste man Liefdeskrale Resep vir liefde Duiwel in ’n snyerspak In ruil vir ’n hart Sy rooikopbaas Griekse vuur Vir ewig en altyd Onweerstaanbare kok Ridder in ’n limousine Bly myne Eerste liefde (duet) Tameletjie Liefde Haar eie Miljoenêr Miljoenêr van Harte Miljoenêr in ’n Teekoppie Boks vol Soentjies Diagnose Verlief
  45. AntwoordZee
    Hi Dina, baie dankie, ek is nou deur almal, en my gunsteling was beslis Liefdeskrale, of nee, Mooiste man... ag nee, ek kan eintlik nie kies nie, dit was awesome om al jou boeke te lees! Ek kan nie wag vir die volgende e-boek nie!!
    • AntwoordZee
      Ek het "Die regte kandidaat" ook gevind. Besig om dit nou te download :))
      • AntwoordDina Botha
        Hi Zee. Baie dankie vir jou entoesiasme. Dit word waardeer. Lekker Lees!
  46. Antwoordjolandi
    Hi Dina, ek is mal oor jou boeke, veral Ridder in `n Limousine!!! Jy wil nie dalk `n opvolg verhaal oor Kristen Durandt en Phillip Altman skryf nie. Die storielyn is aansteeklik en bindend en mens wil meer lees. Puik boek :-)
    • AntwoordDina Botha
      Hi,Ek is baie bly jy het Ridder in n limo geniet. Ek vra om verskoning dat ek nou eers daarop reageer, maar ek sien nou eers die boodskap. Laat gerus weet wat jy van my ander werk gedink het. Lekker lees!.
  47. AntwoordJolandi Muller
    Hi Dina, ek is mal oor jou boeke veral Ridder in `n Limousine!!! Wil jy nie asb `n opvolg verhaal oor Kristen Durandt en Phillip Altman skryf nie, die storielyn is fantasties en bindend en mens wil meer lees oor die twee. :-)
  48. AntwoordAngelique
    Ek lees al jou boeke vandat ek 15 is jou 1ste Boek wat ek gelees het is Andrea se troudag en na daardie book is ek ge"hooked". Ek sukkel om die boeke in die hande te kry wat ek nie het nie. Het jy enige raad waar ek dit in die hande kan kry. Ek wil net se ek is nou al 20 en ek kan nie ophou lees nie. Die boeke het my waardes hoog gemaak wanneer dit by ouens kom en dit is alles te danke aan jou. Dankie vir wat jy doen sodat nor
  49. AntwoordAngelique
    Hi Dina! Ek wil net se ek is trots om myself een van jou aanhangers te noem. Ek is mal oor jou boeke, jy is regtig 'n fantastiese skrywer. Die eerste boek wat ek van jou gelees het was, onweerstaanbare kok, en toe was ek al op 15 jarige ouderdom 'n junkie vir boek lees. Ek is nou al 20 en kan nie myself kry om uit die boekwinkel te loop sonder 'n Romanza onder die arm nie. my ma sê ek maak haar bankrot net deur boeke te koop. ek besit 'n hele paar van jou boeke: Onweerstaanbare Kok (kort die boek het hom by die biblioteek gelees) 1.Andrea se Troudag 2.Sy Rooikopbaas (kort die boek het hom by die biblioteek gelees) 3.Angelique en die Boekanier (kort die boek het hom by die biblioteek gelees) 4.Ontembare Bruid 5.Duiwel in ’n Snyerspak 6.Man op Sig 7.Ridder in ‘n Limousine 8. Resep vir Liefde 9.Griekse Vuur 10.Vrypostige Aussie 11.Net Een Soen Maar die res kort ek nog het jy enige raad waar ek hulle kan kry want die winkels verkoop dit nie. Moet nooit ophou skryf nie want jy maak die lewe vir ons een fantasie wat ons behou. Hoop om spoedig van jou te hoor. Groete Angelique
    • AntwoordDina Botha
      Hi Angelique. Baie dankie vir al die vleiende woorde. Om te plesier, is die enigste rede hoekom ek skryf. Om van my ou werk in die hande te kry stel ek voor jy probeer Kalahari en ander boekwinkeltjies op die internet. Hulle kan jou dalk help met harde kopiee. Meeste van my werk is egter as e-boeke beskikbaar. Jy moet lekker lees en laat gerus meer van jou hoor.
  50. AntwoordCynthia Robertson
    Kou nuwe boek lyk baie opwindend!
  51. AntwoordBernice
    Hi Dina WOW. Moet ek se..ek het nog nooit gehou van n boek lees nie..en nou die dag koop ek Intiem en jou boek waa daar. in. Meer as n speletjie..vir die eerste keer in my lewe kon ek nie n boek neer sit nie..ek het my self gevang lag..selfs die pyn gevoel..ek het my self in elke chapter in geleef..in die aande as ek my oe toe gemaak het ..het ek dit gedroom ...jou boek het my relax..en my so dat ek net meer wil lees...was so seer toe ek by die einde kom en ek weet dis klaar en wou meer lees....asb waar kan ek al j boeke kry is hulle almal romanze...dankie vir jou wonderlike boek...groette bernice
    • AntwoordDina Botha
      Hi Bernice. Baie dankie vir die groot kompliment. Ja, al my boeke is Romanza. Van hulle is nie meer op die rakke beskikbaar nie, maar amper almal is in e-boek vorm iewers beskikbaar. Ek sit gereeld proestukkies op my webblad neer as jy af en toe daar wil gaan loer. Groete en Lekker lees.
  52. AntwoordDina Botha
    Hi, Mitzi. Baie dankie vir die kompliment. Ek is jammer om van jou boek te hoor. Kan jy dit nie by die verskaffer gaan omruil nie? Ek het gou in my boekrak gaan kyk, maar ongelukkig het ek nie n spaar eksemplaar wat ek vir jou kan stuur nie. Ek sou graag wou, net omdat jy so entoesiasties klink. .
  53. AntwoordDoret Zietsman
    Hallo Dina, Ek het jou boek in die Intiem tydskrif gekry, Meer as 'n speletjie. Ek is nie eintlik 'n leser nie, maar genade toe ek die boek optel kan ek hom nie weer neersit nie. Ek is nou so begeesterd dat ek net wil lees maar net jou boeke en soos ek deur alle boodskappe gaan kan ek sien hoekom, Jy mag maar "you go girl". Lekker dag.
    • AntwoordDina Botha
      Baie dankie, Doret. Nou moet jy net aanhou lees. Groete en dankie vir jou kommentaar. Waardeer dit.
  54. AntwoordDina Botha
    Baie dankie, Doret. lekker verder lees.
  55. AntwoordDalina
    As bewonderaar van jou boeke besit ek almal tot op hede, behalwe: Sy rooikopbaas 2007; Nommerpasman 2008 en Adam op bestelling 2009. Lapa sê die boeke is uit druk en ek kon dit ook nie opspoor in tweedehandse boekwinkels nie. Het jy dalk raad waar ek dit kan kry- ek wil graag die volle versameling van jou boeke hê. Voorspoed vir 2015!
  56. AntwoordDina Botha
    Hi. Eerstens baie dankie dat jy so 'n getroue ondersteuner is. Ongelukkig kan ek jou nie daarmee help nie. Lapa beplan wel om van die ou boeke as e-boeke uit te gee, maar ek neem aan jy verkies n harde kopie. Waar jy dalk nog kan gaan loer is by die Hospice. Ek het onlangs n hele paar van my ou boeke daar gesien, maar nie daaraan gedink om dit terug te koop nie. Volgende keer sal ek ek dit doen en byderhand hou vir iemand wat wel die ou goed soek. Nommerpasman behoort oor n maand of so as eboek beskikbaar te wees en Sy rooikopbaas so oor twee maande of so.Hoop jy kom reg.
  57. AntwoordChrista Wright
    Hi Dina, jy is een van my gunstelling skrywers. my volgende was my gunstelling: Pajamadril vir Kael Middernagminnaar Nommerpasmeisie Gesteelde soene Haar stoute skoene Impulsiewe besluit Man met integriteit Meer as ‘n speletjie Nommerpas Man Die Nuwe Vennoot Algemene vraag: Ek wil weet hokom word daar altyd geskryf van die ryk man wat alles het en die beste huise ens het. Hulle het altyd donker hare met groen of blou oe. altyd gespierd, hoekom word daar nooit van normale mense gekryf nie, groot geboude mense met rolletjies, rooikop mans????
  58. AntwoordDinah Swart
    Helo Mevrou Botha Ek is Dinah Swart n 16 jarige. Ek is mal oor U se boeke. Mevrou is die een wat my inspireer het om my liefde vir skryf en lees op papier vastevang. Ek is n bietjie onseker oor die inhoud van my boek alhoewel hy al amper klaar is. Ek sal graag persoonlik met u in aanraking kom, dalk kan mevrou my help met n paar ruglyne. Mevrou is imers my rolmodel. As dit enigsins moontlik is kan u dalk n nommer of Email adres gee asseblief. Indien dit nie moontlik is nie sal ek dit so aanvaar. Alle liefde en Respek : Dinah
    • AntwoordDina Botha
      Hallo Dinah.Eerstens, ek dag ek het jou al vroeer geantwoord, maar sien nou nie my reply nie. Baie dankie vir jou mooi kompliment. Ek gee graag raad. As jy toegang tot FB het kan jy vir my daar n persoonlike boodskappie los en ek sal jou antwoord. Groete
  59. AntwoordRoeline Van Schalkwyk
    Haai, mevrou Botha. Ek is 23 jaar oud (moeg geleerde student) en het u boeke in Hoerskool begin lees. Ek is mal oor u se boeke veral die "Onweerstaanbare kok" en kry nie genoeg daarvan nie. U boeke maak my rustig, soms lag ek, soms huil ek of soms raak ek sommer net kwaad vir die karakter se onnoselheid. Ek hoop daar kom nog baie boeke van u uit!
    • AntwoordDina Botha
      Baie dankie vir die mooi kompliment. Ek is bly jy vind n bietjie ontvlugting in my stories. (Hopelik het dit jou nie uit jou skoolwerk of studies gehou nie) Groete
  60. AntwoordLetzie Wiese
    Ek het hierdie boeke ook van Dina Botha, maar sien dit nie op julle lys nie?? Onwykende Alleenloper Tien-uit-tien man Doring in haar vlees UItgemaakte Saak
    • Antwoordcliffordenen
      Goeie dag Letzie Baie dankie hiervoor. Dina het baie titels en ons dateer dit greeld op.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>