DIS WEER SULKE TYD!

Nuwe Romanzas op die rakke! Verhale deur Thea Holland, Madelie Human, Corné van Rooyen en Ciska Olivier!

R90.00

 

Sterlig en soene – Thea Holland

Antjie is lief vir Tom, maar trou? Nee, dankie. Die huwelik is ’n strik waarin jy trap. Maak sy ’n fout toe sy die troue weer uitstel? Sy het dit immers voorheen al gedoen, toe het Tom haar vergewe.

 

Lank, donker en gevaarlik – Madelie Human

’n Verhouding so kort op die hakke van die verbreking van haar verlowing, is vir Lizma ondenkbaar, maar vertel dit nou vir haar ongehoorsame hart. Dit gaan telkens op loop as Joe Schoeman net naby haar kom.

 

Die spel van liefde – Corné van Rooyen

Tot Izette se ontsteltenis is die nuwe, sexy prokureur niemand anders as haar eksman nie. Gelukkige is haar gevoelens vir Markus iets van die verlede, maar sy soene saai steeds verwoesting in haar hart.

 

Blomme vir Melissa – Ciska Olivier

Eers los Nico Roussow haar met ’n gebroke hart en nou verwag hy ’n tweede kans. Hoe harteloos kan hy wees, wonder Melissa. Wel, nie weer nie. Sy dink sy het ’n goeie houvas op haar hart, maar dit luister nie en voor sy weet, dompel sy haarself van voor af in die verderf.

 

 

 

 

 

 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>