Elsa Rooi Rose Fotos 021

Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer en woon saam met haar man op Bettysbaai. Hy is haar studenteliefde en ná 41 jaar, drie interessante kinders en drie pragtige kleinseuns, maak hy, soos dit ’n held betaam, nog altyd haar knieë lam. Die lewe tot dusver was beslis nie altyd perfek nie, maar altyd interessant.

Die heldinne in haar stories is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle sê te sê nie. Die helde is sterk, maar is ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes. En natuurlik is hulle altyd sexy en onmoontlik aantreklik!

Elsa wen met haar eerste romanse Tussen jazz en rock in 2008 die rooi rose/LAPA-liefdesverhaalkompetisie. Sy wen ook die jaar daarna met dieselfde boek die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses. In 2014 het sy nog ’n ATKV-Woordveertjie vir die Satyn-romanse, Te eenders, te anders gewen en in 2016 weer met Liefde in laslap.

Ook deur Elsa Winckler:

Romanza:

  • Blameer die skoenlapper
  • Op die sypaadjie
  • Jy is huis vir my
  • #liefvirjou
  • Brug na haar hart

SuperRomanza:

Bewustelik joune

Romanza-omnibus:

  • Hoe diep die liefde lê
  • Liefde langs die Eersterivier

 

Kommentaar (26)

  1. AntwoordMadelie Human
    Elsa, jou "Tussen jazz en rock" gaan beslis ver en wyd gelees word, veral deur ons jonger lesers. Dis heerlik sensueel en ek het dit terdeë geniet.
    • AntwoordElsa Winckler
      Dankie Madelie, ek slyp my tande vir al jou boeke en wil hulle een vir een deurwerk!
  2. AntwoordElaine du Plessis
    Elsa, dit was 'n ongelooflike lekker lees-sessie wat ek gisteraand kon inkry. "Tussen Jazz en Rock" is 'n groot stuk soetkoek vir die siel! Ek het heerlike gelag vir die verloop van gebeure en ek het saam gehuil en my behoorlik in die roman ingeleef! Ek kon dit eenvoudig net nie neersit tot ek die laaste sin gelees het nie! Kan nie wag vir die volgende boek nie! Fantasties en welgedaan!
  3. AntwoordElsa Winckler
    Dankie Elaine, dis lekker om sulke terugvoer te kry. Ek het dit net so geniet om dit te skryf!
  4. AntwoordMarile Cloete
    Elsa, ek het vandag die rooirose met jou boek in gekoop - ek kan nie wag nie!
    • AntwoordElsa Winckler
      Marilie, laat weet tog asb wat jy dink!
    • AntwoordMarile Cloete
      Elsa, dit was nou 'n stomende plesier om te lees!
      • AntwoordElsa Winckler
        Dankie Marile! Ek het nog baie om te leer by julle wat lankal skryf, so ek waardeer jou kommentaar.
  5. Antwoordhanlie
    Wat n wonderlike lekker lees, los jou brein by die huis boek. Kon net nie die boek neer sit vandat ek hom begin lees het nie. Dankie dankie dankie.
    • AntwoordElsa Winckler
      Dankie Hanlie vir die terugvoer - so bly jy het dit geniet. Dis die grootste kompliment wat 'n skrywer kan kry!
  6. AntwoordRonelle
    Baie geluk, Elsa met jou ATKV veertjie. Dit moet gedoen wees met 'n eerste roman. Ek het nog nie die voorreg gehad om jou boek te lees nie, maar gaan definitief 'n plan maak om die boek so gou as moontlik in die hande te kry! Wanneer sien ons jou volgende boek!
    • AntwoordElsa Winckler
      Baie dankie Ronelle! Die volgende titel Anderkant Liefhê is reeds beskikbaar. Ek het gesien die CNA het daarvan, maar jy kan dit oor direk van Lapa af bestel. Laat weet asseblief wat jy dink!
  7. AntwoordMari Roberts
    Baie geluk Elsa!
  8. AntwoordLizanne Jordaan
    Hi Elsa!! Ek het sopas "Tussen Jazz en Rock" vir seker die vyfde keer klaar gelees en ek moet se ek het lanklaas 'n boek so geniet!! Kan nie wag om jou tweede boek te lees nie!!!
  9. AntwoordElsa Winckler
    Dankie Lizanne, dis so lekker om te hoor. Laat weet my wat jy van 'Anderkant liefhê' dink asseblief? Dankie vir jou terugvoering, dis baie belangrik om te weet.
  10. AntwoordLarie
    Ek het jou boek "tussen jazz en rock"baie geniet en ek is mal oor jou skryfstyl. n Mens lees lekker aan jou boek en hy raak nooit vervelig nie. Ek wil graag weet hoe jy aan die titel gekom het?Sien baie uit na jou volgende boekke! ek gebruik nou hierdie boek vir my Afrikaanse resensie:)
  11. AntwoordElsa Winckler
    Dankie Larie, dis so lekker om te hoor. Skies dat ek nou eers hier uitkom, ek skryf vir dood! Ek dink die musiek het my gelei en sou graag die titel "Tussen rock en jazz is Koos se Lisa", wou maak, maar dit was te lank! Dis vir my 'n soort metafoor vir die oënskynlik onoorbrugbare verskille tussen hulle. Maar, die liefde oorbrug mos alles! Baie dankie vir jou terugvoer, ek sal graag jou resensie wil lees :)
  12. AntwoordMiemie York
    Hallo tannie. Ek wil nie se Elsa nie, want ek is 13. Ek is Miemie se kleindogter. Ek het tussen jazz en rock gelees en was mal daaroor. Na ek dit gelees het het ek dit vir baie van my vriende aanbeveel en hulle het dit net so geniet. Elke keer as ons oor die boek praat is die eerste woorde wat in my kop kom : En daai vreeslike sexy boudjies. Ek is mal oor die feit dat tannie meer modern skryf en nie so suiwer afr. nie. Al was daar n paar dele wat ek seker nie moes lees nie was dit nogsteeds n fantastiese boe. Baie dankie vir die ure lees genot. Ek kannie wag om tannie se volgende boek te lees nie en sal ook met die hordes romanzas wat ek lees. Taanie moet aanhou skryf en ek wens tannie net die beste. Met liefde en bewondering Aliche
    • AntwoordElsa Winckler
      Hi Aliche, dis baie lekker om van so 'n jong leser te hoor! Ek is so bly jy hou van die boek. Die volgende een is al op die rakke, ek hoop jy loop dit raak. Die 'tannie' is oraait, ek is al gewoond daaraan.
  13. AntwoordJONALINE
    Liewe elsa op 17 jaar hou mens nie juis van lees nie,maar toe ek U boek lees kon ek dit nie neer sit nie! wel gedaan!
  14. AntwoordElsa Winckler
    Baie dankie Jonaline, dis so lekker om te hoor. Skies dat ek nou eers antwoord, ek is besig met 'n volgende storie! Ai, geniet jou 17, dit gaan so gou verby!
  15. AntwoordBets Smith
    Elsa, ek het te heerlik gelees (en getjank!) terwyl ek 'Want daar was skoenlappers' gelees het. Dit was regtig 'n lekkerlees storie.
  16. AntwoordMadelyn de Wet
    Elsa, ek het gister jou boek "Tussen Jazz en Rock" gelees en kon dit eenvoudig net nie neersit nie. Was vas genael tot die einde want ek wou weet wat gaan gebeur. Baie dankie vir sulke wonderlike ontvlugting uit die werklike lewe. Dit was PUIK!!!!
  17. AntwoordElsa Winckler
    O, aarde, Madelyn, ek was so lanklaas hier! Skies, hoor, maar die jaar het onder my uitgeloop! Ek is so bly om te hoor jy het die hoek geniet, dis heerlik om te hoor. Baie dankie vir jou terugvoer :)

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>