Joléne de Koningh het hierdie jaar na ’n aftree-pophuisie getrek. Die “aftree” is net figuurlik – sy en haar man is nog hard aan die werk voor die rekenaars en is van plan om dit nog vir baie jare te doen. Haar man is ook haar klankbord (hulle het ure se plesier om stout rympies uit te dink!) en haar kinders haar eerlike kritici. As ’n storie in ’n drif vasval, kerf sy dinge uit hout – eende, visse, skilpaaie, uile, olifante, slange, krokodille en etniese beeldjies, maar dit kom deesdae sleg tweede. Die druk om keerdatums te haal het oorgeneem. Sy hou van tuinmaak, maar met al die winters agter die rug, is dit ook beperk. Buiten skryf, is sy ’n kompulsiewe leser van al wat ’n storie is. Sy skryf ook spanningsverhale, kortverhale, kinderverhale en historiese romans.
Ook deur Joléne de Koningh:
- Liefde op die Nyl
- Liefste kollega
- Kortpad na haar hart
- Perfek vir haar
- Kaalvoet ballerina
- Eenkantman
- Haar nuwe buurman
- Onweersman
- Liefde kan sien
- Bosveldsigeuner
- Onwillige verloofde
- Aandeel in my hart
- Die professor en die krulkop
- Katrien van Kammaberg
Kommentaar (13)