Ek is getroud met ‘n uitsonderlike man, het drie pragtige kinders, twee seuns en ‘n feëprinses. Ons woon op ‘n avokadoplaas in die Limpopo naby ‘n klein dorpie genaamd Soekmekaar. Ek is my man se sekretaresse, ‘n voltydse ma en studeer tans ‘n “Comprehensive writing” diploma.
Ek is lief vir tuinmaak, perdry, fietsry, lees en natuurlik skryf. Ek skryf nie net romanzas nie, maar is ook lief om gedigte en lirieke te skryf.
Ek is tans besig met my eerste roman. Ek hoop om hom voor die einde van die jaar voor te lê en goeie terugvoer te kry.
Kommentaar (7)