Nog ‘n Marijke Greef-omnibus!

 

 

Onweerstaanbare passie is ’n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, ’n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde.

 

’n Ongewone meisie:

Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook.

Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot ’n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …

Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor ’n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig.

Die spanning – ook tussen Zack en Juli – bereik ’n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap …

 

Soleil en die sakeman:

Soleil het van kleins af ’n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason – waarheen, weet nugter alleen.

Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie.

Maar ’n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van ’n berekende sakeman. Van haar droom om ’n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op ’n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf?

 

 Formuleliefde:

Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie. Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis ’n joernalis – met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis.

Jarod weet nie sy is ’n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe.

Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy ’n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>