Susan Olivier het grootgeword op Boksburg. Volgens haar het sy die ideale kinderjare gehad, want sy kon onophoudelik lees. As tiener het sy gedroom oor die boek wat sy wil skryf. Sy het gaan studeer, getrou en kinders gehad: haar liefdesverhaal gelewe. ’n Dekade gelede het haar eerste liefdesverhaal op die rak verskyn, nog ’n hoogtepunt in haar lewe. Skryf is haar stokperdjie, want sy werk voltyds. Naweke is skryftyd, en niks laat die woorde beter vloei as ’n heerlike cappuccino by haar gunstelingkoffiewinkel nie.

 

Ook deur Susan Olivier:

  • Net Myne
  • Liefdesreis
  • ’n Stukkie perfeksie
  • Fantasieman
  • Vyfsterman
  • Troukandidaat
  • Onvergeetlik
  • Aanloklike proposisie
  • Aptyt vir liefde
  • Liefdesles vir Lynelle
  • Kylie se Keuse
  • Verborge Obsessie
  • Vir altyd joune
  • Bod op ‘n Biljoenêr

 

Kommentaar (11)

  1. AntwoordDina Botha
    Susan, baie dankie. Om te hoor iemand, wat self 'n goeie skrywer is, geniet my boeke is al die aansoring wat ek nodig het vir my volgende storie. Ek hou in elk geval van jou boeke se titels. Dis prikkelend en ek gaan 'n plan maak om van hulle te lese te kry.
  2. AntwoordRonelle
    Hallo Susan Ek het Jou "Vir altyd joune" Vrydag in die pos gekry en, vrou, ek kon die boek nie neersit nie, het so tussen kind sport toe ry, koshuis wasgoed was en kosmaak, 'n bladsy in gepas. Baie dankie, dit was 'n lekker ontvlugting in my deurmekaar lewe! Ronelle
    • AntwoordSusan Olivier
      Sjoe Ronelle, jy maak my aand met jou terugvoering!!! Baie dankie. Jou lewe klink omtrent soos myne. Ek beloon myself ook met lees terwyl ek my verantwoordelikhede nakom- ek sit gou die patats op, en daarna lees ek 'n bladsy of twee, dan sit ek wasgoed in die masjien, dan lees ek weer 'n stukkie, dan gee ek aandag aan my man of kinders, dan lees ek 'n stukkie, en so gaan dit aan. Ek is bly dat my boek die keer jou afleiding was.
  3. AntwoordMadelie Human
    Susan, ek kan nie wag vir 'Bod op 'n biljoenêr nie!
  4. AntwoordSusan Olivier
    Ek ook nie! Verloor 'n mens ooit die gevoel van opwinding en afwagting? Dis wat skryf ook so lekker maak. Elke nuwe boek voel soos my eerste :).
  5. AntwoordMadelie Human
    Klaar gelees! Ek was heerlik verras met jou "Bod op 'n biljoenêr". Susan, hou so aan.
    • AntwoordSusan
      Dankie Madelie. Jou terugvoer beteken regtig baie vir my.
  6. AntwoordRonelle
    Hi Susan My ontspanning vandag was "Bod op 'n biljoenêr" en was dit nie heerlik nie! Baie dankie, ek het dit soos jou vorige boek, "Vir altyd joune" baie geniet, kon nie wag om die uiteinde te lees nie, moes myself telkens keer om nie na die laaste paar bladsye te blaai nie! Hoop jou volgende romanse is al amper weer klaar! Lekker skryf! Ronelle
    • AntwoordSusan
      Baie dankie, ek waardeer altyd die terugvoer. My volgende ms is amper klaar, en sal eers volgende jaar verskyn as dit aanvaar word.
  7. Antwoordhildene
    Ek hou baie van Susan olivier se skryfstyl .....
  8. AntwoordSusan Olivier
    Dankie Hildene. Dis lekker om dit te hoor!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>