Cecilia Nortjé woon op ’n plaas met haar gesin. In die week is sy ’n lektor by die TFET Kollege en naweke versin sy romanses. Sy raak opgewonde oor reën in die Bosveld, goeie kos, ’n kwinkslag wat met perfekte tydsberekening kwytgeraak word, en is ’n onversadigbare boekevraat. Sy is ’n regterbreinmens wat haar uitleef in tuinmaak, skryf en teken.
Titels uit haar pen:
- Nuwe drome
- Meneer Perfek
- Een nag in Parys
- Vriende met voordele
- Net ’n stukkie papier
- Instaanmeisie
- Toekomsbelofte
- Romanse in beseringstyd
- Tatiana en die fossiel
Kommentaar (17)