Ek woon op Lydenburg in Mpumalanga, die plek waar die son eerste opkom! Ek is vir meer as ‘n kwarteeu lank al gelukkig getroud met ‘n blinde predikant. Ons het 3 kinders:  Dirkie, ons oudste kind en enigste dogter het hierdie jaar begin werk en ons 2 seuns, Stefan en Jaco, studeer aan die NWU, Potchefstroom Kampus. Ek omhels die lewe met beide arms en lag baie. Lag is terapeuties. Die Laeveld (Wildtuin om meer spesifiek te wees); die see (veral die Wes-Kaap) en die Karoo is my gunstelingplekke. Wanneer ek op een van hierdie 3 plekke is, kry ek van my beste inspirasies vir stories.

Ek het al 9 boeke by Lapa gepubliseer. My eerste 7 boeke het ek onder die skuilnaam Gisela Greyvenstein geskryf. My laaste 2 boeke verskyn onder my eie naam: Liza se droom (2009) en aan die einde van Februarie 2010 verskyn Nagmelodie.

Kommentaar (4)

  1. AntwoordMarile Cloete
    Dis nuus vir my dag jy Gisela Greyvenstein is! Ek het al van haar boeke geniet, het nou net nie die titels by my nie. Ek sien uit na die een wat binnekort verskyn!
  2. AntwoordMadelie Human
    Hi, Cobie, het jy gesien hoe mooi lyk jou nuwe boek op die webblad? Baie geluk en welkom hier.
  3. AntwoordDirkie Steyn
    Baie geluk miems, is baie bly! Mag daar nog meer wees ;-)
  4. AntwoordCobie Steyn
    Dankie Dirkie, ek het al die inspirasie en die storielyn, wag nog net vir die tyd!!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>