Cynthia Robertson is in Tanzanie gebore en het as kind elf skole in vier lande bygewoon. Sy was ’n baie eensame kind, maar toe sy vroeg die wonder van boeke ontdek, het alles verander. Sy wou altyd skryf, en ná haar egskeiding amper twintig jaar gelede het sy dit as terapie begin doen. Sy het drie wonderlike kinders en drie kleinkinders, en ná vier jaar in Ierland is sy weer terug in Suid-Afrika en woon nou op Hartbeespoort. Sy maak nog altyd van humor gebruik om haar skryfwerk en die lewe ligter te maak. Cynthia glo dat Liefde die belangrikste van alles is. Haar stokperdjies is lees, naaldwerk, skilder, koffiedrink en fliek. Ses romanses deur Cynthia het al verskyn. Dans met my is haar eerste SuperRomanza. Sy is op Facebook onder haar regte naam Cindy Robertson, roman skrywer.
Sy was in 2017 ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses met haar Romanza, Uitsonderlike liefde.
Ook deur Cynthia Robertson:
- Dans met my
- Lang pad na liefde
- Maskers
- Uitsonderlike liefde
- Meer as vriende
- Altyd daar
Kommentaar (16)