Didi Potgieter woon haar lewe lank op Potchefstroom in Noordwes. Vandat sy kan onthou skryf sy liefdesverhale in haar kop, maar ʼn finalejaarsopdrag het haar gedwing om dit op papier te waag. So het haar eerste Romanza, Leer my liefhê, die lig gesien. Met ʼn man, twee kinders en die verantwoordelikheid van brood op die tafel sit, was tyd vir skryf maar min. Tog het die stories en die karakters bly opduik en aan die begin van 2017 het sybesluit om voltyds te begin skryf.

Die lewe is doodeenvoudig te kort om nie die kans te waag nie, glo sy. En met soveel onvertelde stories nog in haar kop en hart, hoop sy om van haar loopbaan as liefdesverhaalskrywer ʼn sukses te maak. Met ʼn man wat uit sy eie die skottelgoedwasser uitpak en twee kinders wat haar altyd ondersteun kan dit seker nie anders nie.

Didi wen die ROSA (Romance Writers of South Africa) Imbali-toekenning met Liefde vir ’n ridder en was al twee keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjiesprys.

Gesels met haar op Facebook: https://www.facebook.com/didipotgieter1/

 

Ook deur Didi Potgieter:

Romanza

  • Liefde vir ’n cowboy
  • Hoe om ’n hart te wen
  • Liefde vir ’n ridder
  • Liefde vir ’n vlinder
  • ’n Tweedehandse hart
  • Liefde vir ’n vuurvreter
  • Leer my liefhê

      

 

SuperRomanza

  • As dit proe soos liefde

 

RomanzaLiefde

  • Om haar pinkie
  • Vir die doodskleed se sakke