April Romanzas nou beskikbaar!

Windjagter – Wilreza Smit-Theron

Karli beskou haar tyd op Walvisbaai as ’n Eat Pray Love-sabbatsreis. Sy wil net dinge doen waarvan sy hou en slegs aan die mense dink vir wie sy lief is. Maar haar mentor tydens hierdie tyd, Maks, maak romantiese gevoelens in haar wakker, versorg haar en help haar om haar eie skoonheid te sien. Hy voel soos die huis waar haar hart hoort

 

Weer eens Lilly – René van Zyl

Lilly maak sedert graad elf besluite met haar kop en ignoreer haar hart
heeltemal. Maar blykbaar het haar hart voete van sy eie en loop waar hy wil.
Veral agter haar eerste liefde, Migael, en ou herinneringe aan.

 

Lekkerder as sjokolade – Corné van Rooyen

Leroux is beslis een van daardie mans waarteen haar ma Riana altyd
gewaarsku het. Té aantreklik, té ryk, té wonderlik vir woorde. In kort, te goed om
waar te wees en as sy nie oppas nie, is sy verlief voordat sy dit weet, maar
gelukkig vir haar, is sy immuun teen mans.

 

Die ordeskepper – Bep du Toit

Carien het dringend ’n werk nodig, dus aanvaar sy die pos as Marco
se huishoudster. Haar verwarrende gedagtes vir Marco skuif sy op die
agtergrond, want dit pas nie in haar geordende lewe nie. Sy sal opdragte uitvoer,
’n professionele afstand behou en enige gevoelens vir hom in die kiem smoor.

 

Slegs R95 by toonaangewende handelaars en lapa.co.za.

Jy kan ook die e-boek teen R81 koop!

 

 

 

 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>