Oor Romanza

LAPA Uitgewers gee maandeliks vier lekkerlees-liefdesverhale uit. Dit verskyn onder die druknaam, Romanza.

Het jy geweet?

  • Wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel.
  • Dit verlig stres op ’n natuurlike manier.
  • Jy ervaar ñ gevoel van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan.
  • Lesers voel dat dit hulle insig in hul eie verhoudingsprobleme gee.
  • Dit dra by tot vroue se bemagtigingsproses omdat die heldin ñ vrou in eie reg is.
  • Die jongste lesers is tieners en die oudstes is in hul 90’s.
  • Romanselesers is die mees belese lesers in die wêreld. Hulle is sterk, intelligente en kreatiewe vroue wat presies weet wat hulle wil hê.
  • Sielkundiges stem saam dat die romanseleser warm, vriendelik en sensueel is.
  • Daar is omtrent 2% mans wat romanses lees. Baie van hulle lees dit omdat hulle graag wil weet hoe vroue voel en dink.

Bederf jouself met ons liefdesverhale! Word vandag deel van die RomanzaKlub.

Uittreksels uit die nuutste Romanza’s