Vir Frenette van Wyk beteken verhale skryf om iets uit jou hart te haal en lewe daaraan te gee. Die verhale bied vir haar net soveel opwindende ontvlugting en vervullende avontuur as vir haar lesers. Sy is ’n romantikus en skryf graag liefdesverhale met gelukkige eindes – iets wat grens aan die sprokiesagtige, en tog iets waarna elke vrou verlang en waarin hulle met hart en siel wil glo. Sy woon in Pretoria saam met manlief Etienne en hul jongste seun, Sasha. Haar ander seun, Zander, is onlangs met Charmonix getroud.
Ook deur Frenette van Wyk:
SuperRomanza
- In die sterre geskryf
- Geliefde Rebel
- Liefde op Petit Paris
Romanza
- Maskerdans
- Boergonje bruid
- Vuurvliegie
- Vlinderdraai
- Wintersprokie
Kommentaar (4)