Reis deur die hart: ‘Absoluut die lees werd!’

Naliche Malan, ’n leser en RomanzaKlub-lid,  skryf die volgende resensie aan die RomanzaKlub:

“Ek is versot op Leandra Naudé se Reis deur die hart en glad nie spyt oor my aankoop nie. Ek het besluit om ʼn resensie oor haar boek te skryf. Arriana trek die streep, bedank haar werk as maatskaplike werkster, neem ʼn impulsiewe besluit en eindig op as ʼn kelnerin op ʼn luukse eiland. As gevolg van verdagte gebeurtenisse daag die grootbaas op en hy slaan letterlik Arriana se voete onder haar uit. Van dag een af kan die twee nie hande of oë van mekaar af hou nie, ongelukkig ontgaan niks die valkoog Alicia nie en keer op keer loop Arriana deur; as dit nie is vir ʼn slordige uniform nie, probeer Alicia alles om haar in ʼn swak lig te stel. Dan begin kinders verdwyn en alles is chaos.

Leandra Naudé is beslis ʼn skrywer met ongelooflik talent en ʼn heerlike sin vir humor. Van die eerste bladsy af boei die karakters en omgewing waarin die storie afspeel jou so, dit is eintlik ʼn straf om die boek neer te sit. Al die karakters is baie goed ontwikkel en elke scenario is fyn beplan en puik geskryf. Om elke hoek en draai verras sy jou en jy sit behoorlik op die punt van jou stoel en giggel oor al die onbesonne goed wat die hoofkarakter oorkom en aanvang. Net wanneer jy dink hier gaan die legkaartstukkies in mekaar val, gebeur iets onverwags. Niks is voorspelbaar nie, en dis boeiend geskryf. Beslis een vir die rakke! Vir opkomende skrywers is sy beslis van die beste inspirasie en ek sal haar boeke elke keer verslind!”

Reis deur die hart is Leandra Naudé se debuut SuperRomanza en is hier beskikbaar: https://bit.ly/2CAWMyD 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>