Elsa Winckler – verby die pen

Wie is jou 5 gunstelingskrywers?

Jane Austen, Elizabeth Gaskell, George Eliot, Nora Roberts, Audrey Blignault

Wat is jou 5 gunstelingboeke?

 

Wie of wat het jou geïnspireer om te skryf?

LAPA Uitgewers se 2008-romansekompetisie in rooi rose!

Jou gunstelingaanhaling is …

download

Wat doen jy wanneer jy nie skryf nie?

Ek brei, ek maak kos, ek bak en ek hinder ons kinders

Watter eienskap moet ’n held hê om jou hart te steel?

Lief wees vir die heldin, ongeag haar tekortkominge

#liefvirjou elfde boek in die Romanza-reeks. Beskryf jou skryfstyl in drie woorde:

Humoristies, eerlik en vurig soos my heldinne …

liefvirjou_voorblad_high-res

Hoe het jou helde en heldinne verander oor 11 boeke?

Ek dink die helde is sagter, die heldinne vuriger 🙂

Wat was die moeilikste aspek van die skryfproses van hierdie boek, en hoekom?

Die vloek op die familie. Hoe hanteer ’n mens so iets? Watter invloed het dit op jou besluit?

Wat was die inspirasie agter #liefvirjou?

Ons vlug na Nederland toe ons vir ons dogter gaan kuier het. Asook die sogenaamde vloek van Boontjieskraal. Lees meer hier: https://af.wikipedia.org/wiki/Die_vloek_van_Boontjieskraal

Drie woorde wat Cara beskryf is …

Passievol, onseker, lief vir kinders

Dis Kersseisoen. Het jou gesin ’n  spesiale tradisie vir die feestyd?

Dié ma se hart is baie seer hierdie Kersfees. Gewoonlik is almal hier by ons op Bettysbaai en ons hou groot Kerstafel, maar vanjaar kom ons twee oorsese kinders nie af nie! Baie, baie hartseer vir my!

download-1

Koop nou #liefvirjou: http://bit.ly/2gXRW3i

 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>