Nege intressante feite oor romatiese fikse – Het jy dit geweet?

Ons almal hier hou daarvan om romantiese fiksie te lees. Nee, ek dink dit is veiliger om te sê meeste van ons is totaal verslaaf daaraan om Romanza na Romanza te verslind. Daar is baie sielkunde agter die genre van romanse. Hier is nege interessante feite oor die effek wat die lees van romanse op jou het:

• Wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel.
• Dit verlig stres op ’n natuurlike manier.
• Jy ervaar ’n gevoel van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan.
• Lesers voel dat dit hulle insig in hul eie verhoudingsprobleme gee.
• Dit dra by tot vroue se bemagtigingsproses omdat die heldin ’n vrou in eie reg is.
• Die jongste lesers is tieners en die oudstes is in hul 90’s.
• Romanselesers is die mees belese lesers in die wêreld. Hulle is sterk, intelligente en kreatiewe vroue wat presies weet wat hulle wil hê.
• Sielkundiges stem saam dat die romanseleser warm, vriendelik en sensueel is.
• Daar is omtrent twee persent mans wat romanses lees. Baie van hulle lees dit omdat hulle graag wil weet hoe vroue voel en dink.

Daar het julle dit nou, lees gerus meer romanses sonder om vir oomblik daaroor skuldig te voel. Romantiese fiksie is goed vir jou gemoed en jou gesondheid, en as ons reg aflei uit die boonste feite kan dit wonders doen vir jou verhouding ook!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>