Ildé GrovéIldé Grové is ’n stadsjapie van Pretoria wat gril vir spinnekoppe en krakerige insekte. Sy’s dol oor berge, bome en die see. Ná ’n dag se geswoeg in die arbeidsmark is daar vir haar niks lekkerder as om in ander se koppe te kan klim en hul stories te vertel nie. As dit ’n liefdesverhaal is, soveel te beter. Tussen werk en skryf knyp sy broodnodige tyd af vir lees, stap en swem – gewoonlik in die teenwoordigheid van haar drie kinders: ’n hond, vis en kanarie.

 

 

 

 

 Ildé Grové:

  • Haar vir-altyd-minnaar
  • Die nuwe afrigter
  • Die kremetart blom weer

 

      

Kommentaar (2)

  1. AntwoordLize
    Hi Ilde wow dis ongelooflik hoe jy met drie kinders en werk nog so mooi kan woeker met jou skryf talent ek het jou boek Die nuwe afrigter baie geniet net die einde kort iets na al daai swem oefen en opofferings sou mens hoop sy neem tenminste deel wen of verloor miskien kan haar oom afrigter en haar buur tannie haar kom verras vir die kampioenskappe en sy en haar ma het nooit dinge uit gesorteer nie en klein letabo is nogsteeds onaangeneem tenminste nog n hoofstuk daar en wat van die kat skryf nog n hoofstuk asb en wat word van die russiese meisie?
  2. AntwoordJenny Fleischer
    Hi ... hoop dit gaan goed ! my naam is Jenny (nee Cilliers) Fleischer ... ek was graad 8 en 9 in Voortrekkerhoogte hoër .. ons het saam Noord Sotho as vak gehad ... waar kan ek jou boeke in die hande kry ? Mooi en geseënde dag verder

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>