jacolet-van-den-berg

Jacolet van den Berg het in Bloemfontein grootgeword. Sy het BSc Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat studeer waarna sy vir twee jaar in Engeland gebly het. Tans woon sy, haar man en drie seuntjies saam met hulle uitgebreide dierefamilie op ʼn pragtige plaas in die Paarl. Met ʼn baba, kleuter en ’n graadeentjie gebeur alles in haar lewe deeltyds. Selfs om te slaap! Want tyd vir skryf word telkens beperk tot die middernagtelike ure. Nietemin is skryf een van haar passies en stories lê haar na aan die hart, veral dié met ’n bietjie liefde.

Vorige titels deur Jacolet van den Berg:

  •  Lente in ʼn bottel
  • Liefde in ink
  • Alles wat jy is
  • Diamant uit Afrika
  • Tani se sprokie

 

Kommentaar (7)

  1. AntwoordMadelie Human
    Jacolet, ek het saam met Eva op James Stone verlief geraak en dit sê baie, want sangsterre is nou nie juis my tipe held nie! Hou so aan.
  2. AntwoordIda (Bester) Gräbe
    Jacolet, ek stem saam met Madelie dat jy 'n oortuigende, sensitiewe en tog baie manlike held geskep het wat my die heel tyd laat wens het Eva moet gou oor haar vooroordeel teen vermaaklikheidsmense kom! Jy het 'n paar baie oulike storiewendings ingebou, soos die kaping, die feit dat Brian James se oom is en die heel laaste pragtige toneel waar Eva James deur die venster dophou. Die uiteindelike ontknoping was vir my so hartverwarmend soos die teer toneel daar voor die kaggelvuur. Ek dink ook dit is briljant dat die heldin in die heel laaste hoofstuk, nadat sy duisende km gereis het om by haar hartklop te wees, nog steeds deur twyfel weerhou word van oorgawe en die leser dus steeds gespanne wonder of dit ooit gaan uitwerk. Jou storie lees so lekker dat ek dit nie kon neersit nie. Mag ons nog baie verhale uit jou pen kry.
  3. AntwoordJacolet
    Madelie en Ida, baie dankie vir julle terugvoer. Dit is vir my 'n voorreg dat julle my boek gelees het. Ida jy het my nou so baie positiewe en mooi kommentaar gegee en pink sommer 'n traan, want dit is my eerste boek en mens sal seker nooit heeltemal seker wees hoe 'n leser dit gaan ervaar nie. Jou ervaring is regtig vir my 'n aansporing om weer te probeer. Dankie daarvoor!
  4. AntwoordBets Smith
    Jacolet, baie geluk met jou boek se nominasie vir die Woordveertjies. As jy nog aanmoediging nodig gehad het, het jy dit nou beslis! Sterkte met die finale uitslae.
  5. AntwoordDina Botha
    Jacolet, baie geluk met jou Veertjie. Mag dit die eerste van vele wees. Groete. Dina
  6. AntwoordRonelle
    Baie geluk Jacolet! Dit moet gedoen wees met 'n eerste boek!
  7. AntwoordRonel de Jager
    Dankie baie vir 'n werklike mooi verhaal... Ek kon die boek nie neer sit nie. Die boek het my laat lag en laat huil. Jou werk is 'n vreugde om te lees

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>