Lené de Waal woon saam met haar gesin in die Vrystaat. Sy het haar man aan die dood afgestaan en haar eerste prioriteit is hulle kinders. Dis juis hulle humorsin en dié van ’n paar goeie vriende en familie wat haar aan die lag hou. Sy het ’n voltydse professionele beroep en heelwat ander ysters in die vuur. Sy wens sy kon voltyds tyd en aandag aan skryf gee en doen dit op haar skootrekenaar in die bed, gewoonlik met ’n hond op haar skouer wat af en toe help tik.
Dinge loop lelik skeef toe Chanté ouma Jan se as in Switserland moet uitstrooi. En dis Misha se skuld. Misha de Jäeger, Formule een- wêreldkampioen en die laaste mens met sy vereenselwig wil word. Sy het genoeg van sporthelde gehad. Indien die media die storie beetkry, sal sy weer die vernedering ondervind wat Markus en sy dood haar op die hals gehaal het. Vasgekeer in die sneeu veg sy verbete teen Misha se aantrekkingskrag.
Ninja in satyn:
Jade is deel van die polisie-taakmag. Terwyl hulle op Sodwana is vir ’n duikoefensessie, daag die nuwe bevelvoerder op en sy weet instinktief dat hy ’n rol in haar lewe gaan speel.
Kommentaar (12)