Voordele van e-boeke

Is daar nie meer plek op jou boekrak nie?

Moet jy vakansietye jou boeke tuis los omdat daar nie meer pakplek is nie?

Jy kan e-boeke op jou selfoon, tablet of rekenaar aflaai. Jy kan dus hope boeke saam met jou op vakansie neem – sonder om jou pakplek prys te gee.

Daar is baie meer titels om van te kies en te keur aangesien meeste titels wat reeds uit druk is nou ook digitaal beskikbaar is.

E-boeke is bykans onmiddellik beskikbaar − sodra jou betaling gemaak is, is jou boek gereed om te lees.

Kommentaar (23)

  1. AntwoordMarile Cloete
    Ons wag in spanning op ons eerste leser om hier deel te neem! Dalk moet daardie persoon 'n spesiale (virtuele?!) medalje ontvang!
  2. Antwoordanngert
    Lesers, ons sal graag wil weet wat julle van romanse dink en spesifiek Romanza. Ons hoop ons hoor gou van julle.
    • Antwoordmariaan
      ek is verslaaf aan romanza elke storie is uniek....
  3. AntwoordKristen Olivier
    Weet nie of ek nou uit my beurt praat nie, want ek is nie n skryfster nie. Ek loer soms hier in, want ek is 'n aanhanger van Rika du Plessis se boeke en het haar onangs 'n vraag gevra en nou kom kyk vir 'n antwoord, en ja, dankie vir die inligting, Rika. Ek wil egter vir julle ander almal se dat ek en my suster, Lise, vraatsige lesers van 'n hele klompie van julle is en dat ons hoop om nog lank na julle werk te kan uitsien of dit nou net Romanzas is al dan nie. Ons boer in die 2dehandse boekwinkels op soek na ouer boeke ook van 'n paar van julle wat ons nog nie gelees het nie. Moet asseblief nie ophou skryf nie.
    • AntwoordMarile Cloete
      Jy praat glad nie uit jou beurt nie - inteendeel! Die lesersblog is juis vir ons lesers bedoel en ons is baie opgewonde oor elke leser van wie ons hoor. Jy kan gerus by individuele skrywers se bladsye ook inloer - ons sit elkeen maar eensaam agter ons rekenaar en kommentaar van lesers beteken vir ons geweldig baie.
  4. AntwoordAnzel Gerber
    Ek het n voorstel, Madelie en Marile.... Hoekom maak julle nie n Romanza facebook groep nie... Dan link julle dit met die lesersblog? Ek weet dit klink dalk na baie werk, maar dalk kry ons meer lesers so hierby betrokke? Wat dink julle?
    • AntwoordMarile Cloete
      Die gedagte le al by ons - wil net eers so 'n bietjie asem skep noudat die blogs so lekker aan die gang is. Intussen kan jy gerus op fb kyk vir die groep KOM ONS LEES WEER AFRIKAANS! wat ek 'n jaar of so gelede begin het. Ek wil baie graag besprekings daarop aan die gang kry, maar het op die oomblik net nie die tyd daarvoor nie. Dalk kan jy daar vir ons 'n post of twee maak?? Intussen probeer ons ook op Visual Bookshelf mekaar se boeke oplaai en kommentaar lewer, net om dinge in Afrikaans 'n bietjie aan die loop te kry. VB is vir my 'n juweel, maar daar is nog min Afr boeke op, so as jy daar ook kan inspring, sal dit wonderlik wees. Ek het ook al geleer om glad nie 'n boek (veral Eng) te koop voor ek eers gekyk het wat se die mense op VB daaroor nie. (Nie dat dit altyd betroubaar is nie, want soms verstaan die mense nie in watter genre iets geskryf is nie).
      • AntwoordAnzel Gerber
        Ek sal bietjie kyk na die FB groep, Kom ons lees weer Afrikaans. Dis nogal lekker, aangesien ek gereeld om FB boer, en baie van my vriende wat ook lees, op my FB is. Visual Bookshelf... Nog nooit daarvan gehoor nie. Ek sal bietjie kyk en jou laat weet wat ek dink...
        • AntwoordMarile Cloete
          Kyk onder Applications vir Visual Bookshelf - 'n paradys vir enige leser! Jy kan baie doen vir die Afrikaanse boek se saak deur daarop jou stem te laat hoor, want jou bedrywighede wys natuurlik op jou vriende se profiele. Ons wat al 'n paar grys hare het, sukkel 'n bietjie om ons tydgenote op fb te kry en het dus nie so baie vriende wat kan help om die boodskap uit te dra nie. Jy kan regtig daar 'n belangrike rol speel!
          • Anzel Gerber
            Ek neem aan VB is of FB? Ek het dit gaan google, en sien net die profiel op n FB link. Ek sal beslis die Afrikaanse boeke daar gaan ondersteun, en so die jonger geslag kry om te lees :-)
          • Marile Cloete
            Nee, VB is Visual Bookshelf. Jy moet eers ingaan op jou fb (facebook) profiel. Dan kyk jy regs bo op die blou strokie vir Account. Kliek op die pyltjie en by die lysie wat oopgaan, kry jy Applications en daaronder kry jy VB. Jy kan net die titel of outeur van 'n boek intik, dan kry jy alles wat hulle daaroor het. Jy sal sommer maklik agterkom hoe om 'n boek te laai as hul dit nie het nie, selfs die foto. En natuurlik kan 'n mens resensies skryf en op jou profiel wys wat jy lees/gelees het. 'n Ware paradys!
          • Anzel Gerber
            Hallo, Marile Ek het by jou groep op FB aangesluit gisteraand, dis nogal baie interessant. Ek het selfs vir VB opgekry. Ek sien daar is nogal baie Engelse boeke. Ons moet begin om die Afrikaanse boeke meer visible to maak daar.
          • Marile Cloete
            Kyk 'n bietjie of jy kan sien hoe om 'n nuwe boek op te laai. Andersins, laat weet my, dan help ek so 'n bietjie van hierdie kant af. Daar is al 'n paar Romanzas van 'n paar van die blogskrywers opgelaai. Dit kan dinge klaar 'n bietjie aanhelp as ons vir mekaar daar terugvoer gee.
  5. AntwoordAnzel Gerber
    Dit klink opwindend! Ek sal gaan kyk en jou laat weet... Ek glo ek sal dit maklik kry...
  6. AntwoordKaren Vilonel
    Madelie Human Madelie ek het jou kaalvoetbruid gelees en ek het die boek vreeslik geniet .Ek is ‘n baie oop en vriendelike persoon en ek hou ook van lekker, humor en allerhande snaakse dinge en sê goed. Ek kan ook baie stil raak en rustig sit en dink oor alles wat gebeur. Ek hou baie daarvan om romantiese boeke te lees want ek gee baie liefde aan elkeen in my gesin en almal wat liefde so nodig het. Karen Vilonel
    • AntwoordMadelie Human
      Dankie, Karen! Ek is bly dat my boeke tot jou spreek. Ja, ons vroue wil maar daardie bietjie liefde in ons lewens ervaar, nè? Ek is bly dat jy die humor in my boeke geniet, want sonder humor kan ons net so min leef as sonder liefde! Besoek ons gerus weer. As jy met my spesifiek wil gesels, klik hier bo op regs op my naam daar by die lys van skrywers, dan kom kuier jy daar by my op my eie bladsy.
  7. AntwoordKate Jordaan
    Wil net graag van hierdie geleentheid gebruik maak, om vir Annetjie Van Tonder te se, hoe ek haar Romanza verhaal, 'Nuwe siesoen' geniet het. Baie dankie! Hou so aan!
  8. AntwoordAnnetjie van Tonder
    Kate, dis lesers soos jy wat dit vir skrywers ’n vreugde maak om te skryf. Dankie vir jou positiewe kommentaar op my boek. Dis so lekker om te skryf, dat jy sekerlik nog boeke van my in die toekoms te lese sal kry.
  9. Antwoordhildene
    Ek is 17 jaar oud en kom van 'n plaas af. Ek is versot oor lees en perdry. My broers se ek is 'n boekwurmn maar ek kan dit nie help nie as eke eers begin het sukkel ek om op te hou. Ek is afrikaans sprekend en dus hou ek van romanza boeke, want dit is afrikaans en lekker klein om vir die juffrou in die klas weg te steek....
    • AntwoordMadelie Human
      Haha!! Hoe laat jy my nou aan myself dink toe ek in my koshuisdae in die studiesaal moes leer en dan 'n storieboek onder my handboek weggesteek het om te lees i.p.v. leer. Dis waar ek begin skryf het ook. Ek het oefeningboeke vol vrystories geskryf! Jy't 'n mooi naam Hildene. H'mm ... miskien kan een van my boeke se heldin se naam Hildene wees!
      • AntwoordSusan Olivier
        Ek het ook altyd 'n storieboek agter my leerboek weggesteek. As my ma in my kamer stap, dan dink sy ek is hard besig om te leer.
  10. AntwoordAnnie
    Ek is mal oor Romanza se boeke en hoop om self een te skryf...
    • AntwoordLinelle Venter
      Annie, dis altyd goed vir ons as skrywers om te hoor wanneer lesers ons boeke geniet. Dankie!! Laat waai met jou idees en een van die dae lees ons jou boeke!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>