Louise Minnaar werk in een van die groot korporatiewe banke in finansies, waar sy haar bestuurder mal maak met haar verlofaansoeke. As dit nie is om saam met vriende ‘n glasie wyn te gaan klink in Florence of rys te gaan eet in Viëtnam nie, is dit om Afrika met ’n tent aan te durf of die platteland van Skotland te gaan beleef. Tussen die vakansies en die syfers, maak sy altyd tyd vir stories skryf omdat dit haar ontvlugting en passie is.
Titels deur Louise Minnaar:
ROMANZA
- Perfek vir mekaar
- Sy twyfel nie meer nie
- Ons twee saam
ROMANZALIEFDE – *Slegs as e-boeke beskikbaar
- Liefde met ‘n glimlag
- In die mark vir liefde