Madelein Stoltz is van baie kleins af lief vir boeke en lees. Sy is in Despatch gebore en het in Port Elizabeth gebly voor haar gesin na Pretoria verhuis het, waar hulle nou langer as ’n dekade woon. Sy het twee seuns, ʼn pragtige skoondogter en ’n lieflike kleindogter, Mia. Madelein is lief vir die see, om die soutreuk in te asem en in die vlak branders te loop. Sy is baie lief vir die Here en kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Hy het vir haar skryftalent gegee en sy is dankbaar vir ’n liefdevolle Skepper wat haar gevorm het. Haar man van dertig jaar bederf haar soms met ʼn kaggelvuur op ʼn koue wintersaand en ʼn koppie tee wanneer sy hard genoeg skimp.

 

Ook deur Madelein Stoltz:

  • Ridder van haar hart
  • Liefde in ’n hangkas
  • Vonkelwyn en liefde
  • Hart van ’n man
  • Pierewaaier op haar erf
  • Verlief op die baas
  • Troukoors