Martin Steyn (Swartval) ms_foto

Martin Steyn het begin skryf nadat hy The Dark Half deur Stephen King gelees het en oor mense soos Jeffrey Dahmer het hy geïnteresseerd geraak in reeksmoordenaars. Die vraag het by hom ontstaan waarom hierdie mans, wat net soos die buurman lyk, ander mense jag bloot vir die plesier daarvan. Hoe is dit dat hulle vir jare tussen ander mense bly en niemand vermoed iets nie? Dis toe hy ware-misdaadboeke begin lees het.

Op universiteit was Martin se hoofvakke sielkunde en kriminologie. Hy het ’n paar kortverhale geskryf, waarvan een, “Kira”, in rooi rose verskyn het. Na sy honneurs in sielkunde het hy Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars en geweldsmisdade bestudeer en sewe ware-misdaadverhale aan die Crime Library, ’n CourtTV-webwerf (tans onder truTV), verkoop. Hulle het o.a. gehandel oor Moses Sithole, die wrede verkragting en poging tot moord op Alison, en die Sizzlers-moorde in Seepunt.

Maar fiksie bly sy eerste liefde. Deesdae interesseer die hele misdaadondersoek hom, en hy  geniet dit veral om met plaaslike speurders en forensiese spesialiste te praat. Navorsing is ’n kritieke deel van misdaadfiksie, maar Martin het ook aan sy skryfvaardighede gaan skaaf onder leiding van Wilna Adriaanse. Donker Spoor het juis ontstaan as deel van hierdie kursus van die South African Writers’ College, wat hy met meriete geslaag het.

 

 Kuier gerus saam met hom op Facebook of sy webtuiste:

Facebook: https://www.facebook.com/MartinSteynAuthor

Webtuiste: http://www.martinsteyn.com/

 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>