rosita-oberholster_2016

Rosita Oberholster se wêreld het nog altyd om stories en woorde gedraai. En nou, vir die eerste keer sedert haar eerste Romanza in 2014 deur LAPA Uitgewers gepubliseer is, is sy in die baie bevoorregte posisie om voltyds te kan skryf. Op die oomblik woon sy nog in pragtige Moorreesburg, maar sluit eersdaags by haar man en skoolgaande dogter in Vredendal aan, in die hart van Namakwaland. Skryf voel glad nie soos werk nie, maar selfs daarvan het sy soms ’n breek nodig. Sy stap graag, vergesel deur die gesin se vet worshond en twee katte. Skilder en lees sorg ook vir ontspanning. Sonder haar gesinslede, Willem, Delia en Beah, se ondersteuning sou niks hiervan moontlik gewees het nie.

Rosita wen die 2017 ATKV-Woordveertjiesprys vir Romanses met haar Romanza, Troue in ’n towerbos.

Lees hier meer oor die ATKV Woordveertjies: https://www.atkv.org.za/Kunste/Projekte/Feeste-Produksies/Woordveertjies

Ook deur Rosita Oberholster:

  • Hartsman
  • Sonde met die buurman
  • Rose vir Roselle
  • Dans met ’n maangodin
  • Blou diamant vir ’n ysprinses
  • Troue in ’n towerbos
  • Verkeerdom sprokie
  • Sy fosforvrou