Santie van der Merwe 3

As jong tuisblyma publiseer Santie ʼn paar kortverhale in tydskrifte. Toe haar jongste kind universiteit toe is, skryf sy in vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse wedstryd en wen tweede prys vir haar kortverhaal, ʼn Dag in Junie. Dit was genoeg motivering om haar hand aan ʼn roman te waag.

Haar eerste boek, Gelyke kans en die opvolg, Vandat jy weg is, verskyn in 2015. In 2016 verskyn haar derde boek, Anderkant vergeet en in 2017 verskyn Ver in die wêreld Kittie en Die einde van die storie.

Gelyke kans en Anderkant vergeet was albei finaliste in die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans.

Twee van Santie se kortverhale, Pers en Die geur van Patchouli is opgeneem in die Universiteit van Stellenbosch se Woordfeesbundels van 2017 en 2018.

Santie se skryfwerk word gekenmerk deur deurleefdheid en ’n fyn humorsin. Sy word geloof daarvoor dat haar werk van deernis met die mensdom spreek, en sy skryf met insig en sensitiwiteit oor volwasse verhoudings binne, en buite, die huwelik.

Helen Schoër, redakteur van Baba & Kleuter sê oor Gelyke kans: “Ek’s ietwat van ’n boeksnob, maar dit was ’n stresvolle week en om in die bad te lê met Gelyke kans was pure ontspanning en daarvoor is ek die skrywer, Santie van der Merwe, dankbaar.”

Alta Cloete sê op Bookslive: “Gelyke kans is ‘n welkome toevoeging tot Afrikaans se skat van moderne, geloofwaardige liefdesverhale en nog ‘n stappie in die proses van lekkerleesboeke (ontspanningslektuur) om hulle regmatige plek langs die letterkunde in te neem.”

 Madri Victor sê op goodreads: “Wat ʼn lekker debuut! Onvoorspelbare plot, lewendige karakters wat méns is en net genoeg spanning om jou vasgenael te hou. Ek sien uit na ‘n volgende boek van Santie.”

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>