Thea Holland woon by die see en skryf stories oor die liefde. Haar belangstellings strek so wyd soos die hemelruim: Sy hou graag wolke dop, maak bont skilderye vir haar eie plesier en bewonder haar kleindogters wat oë soos hulle ma het. Sy vergaap haar aan veldblomme, lag saam met haar spitsvondige seun en stap ver op stofstrate en sandstrande. Sy swem ook graag in ’n vlak baaitjie met stil water waarvan min mense weet, begeer haar buurman se stoep en pas soms die huishond op. Die lewe is vir haar ’n geskenk waarvoor ’n mens nooit dankbaar genoeg kan wees nie.
Ook deur Thea Holland
- Sterlig en soene
- Isabella se wenslys
- ’n Reënboog vir Mouette
- Bruid in blou
- Sê ja
- Doodgewone wonderwerk
- ’n Onverstandige vrou
- Nog ’n casanova
Kommentaar (11)