Februarie 2019: Liefde op ’n plaas!

by Romanza 0 Kommentaar

Bosveldparadys se nuwe sjef – Jessica Venter  

Louise het een vereiste vir die volgende man in haar lewe: om haar seun lief te hê soos ’n eie kind. Hierdie mag dalk haar tweede kans met Tinus wees, maar hy is banger vir kinders as die duiwel vir ’n slypsteen. Sal hul liefde die wankelrige eerste treë oorleef?

BONUSKORTVERHAAL:

Soeter as sjokoladekoek – Susan Olivier

Lindie kyk na die naambordjie bokant die blink glasvensters. Lekkerbekkiebakkery. Sy het nie so ʼn oase tussen twee plattelandse dorpies verwag nie. Ook nie die blonde breedgeskouerde reus in ʼn netjiese wit oopslaanhemp en jeans nie. Al wat hy kortkom is ʼn voorskoot, dan lyk hy soos haar droomman.

Bosveldparadys se nuwe sjef is hier beskikbaar:

Vandat ek kan onthou – Nadia de Bruin  

Die eerste ding wat Dalien sien toe sy haar ouers se kombuis binnestap is ’n paar vuil stewels wat gemaklik by die enkels gekruis is. Die stewels behoort aan ’n paar goed gevormde bene in ’n uitgewaste denim en bruingebrande arms. Onder ’n sonverbleikte John Deer-pet lag twee sjokoladebruin kykers en haar hart struikel oor sy ritme.

BONUSKORTVERHAAL:

Sonneblom-meisie – Frenette van Wyk

Jean-Claude is op ’n donker plek in sy lewe, toe ’n mediese suster vol sonskyn in sy lewe verskyn. Met tyd leer hy daar is ook pyn in suster Maryn se lewe, maar sy hou haar gesig na die sonlig gerig.

Vandat ek kan onthou is hier beskikbaar:

 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>